Die Springbokke kon vasbyt om die wedstryd met een punt te beklink, maar goeiste, dinge het veral in die tweede helfte broekskeur gegaan.
Lees meerAlles vir Saterdag 29 Julie 2023
Taylor Swift lewer ‘aardskuddende’ vertonings
Die Amerikaanse sanger Taylor Swift se Eras-toervertonings by Lumen Field in Seattle op 22 en 23 Julie het seismiese aktiwiteit opgelewer wat gelykstaande is aan ʼn aardbewing van 2,3.
Wêreldbeker-netbaltoernooi: Proteas storm voort
Die Proteas het Saterdag in Kaapstad in die Wêreldbeker-netbaltoernooi met ʼn kliniese vertoning voortgebeur toe hulle Sri Lanka met 87-32 uit hul pad gevee het.
Duisende kinders besoek dié monument
“Die Voortrekkermonument is ’n baken van hoop waar almal welkom is. Dat soveel kinders na die monument terugkeer, is net weer ’n bewys dat kinders meer oor hul geskiedenis en kultuur wíl leer.”
Foto’s: FNB in rooi getooi vir EFF-viering
Die party se ondersteuners het van wyd en syd gekom om tien jaar van die EFF se bestaan te vier.
Rugbykampioenskap: All Blacks spoel oor die Wallabies
Dit het die All Blacks Saterdag in Melbourne net drie minute geneem om vanjaar se Rugbykampioenskap te wen toe hulle die Wallabies voor 84 000 toeskouers met 38-7 verwoes het.
Hollywood: Staking kniehalter Emmy-toekennings; stigterslid van The Eagles sterf
In vandeesweek se nuus uit Hollywood word die Emmy-toekennings uitgestel, Elon Musk se eks en “Love Actually”-akteur verloof, en Mick Jagger vier sy 80ste verjaarsdag.
Verdagtes steeds soek ná Durban-skietery
Die skietery het Vrydagmiddag in Bertha Mkhize-straat in die middestad plaasgevind nadat ’n rooftog vermoedelik skeefgeloop het.
‘Verkeersbeamptes’ vas vir trokkapings
Inligting het die ondersoekspan op die spoor van die twee verdagtes gesit wat voertuigkontrolepunte beman en op dié manier vragmotors van die pad afgetrek en gekaap het.
‘Dit beteken ongelooflik baie vir my’
Ine-Marí Venter is as die speler van die wedstryd in die Proteas se openingswedstryd van die Wêreldbeker-toernooi teen Wallis aangewys nadat sy soos ʼn wafferse ballerina in die doelsirkel rondgedans het.
‘Lewende legende’ Ron Thomson veg nou eie mediese stryd
Hy is veral bekend vir die baanbrekerswerk wat hy tussen 1964 en 1970 in Zimbabwe se Zambezi-vallei gedoen met die vang van swartrenosters.
SA se Down-swemmers gou weer op internasionale verhoog
Verskeie ouers van atlete met Down se sindroom het kragte saamgesnoer om ʼn organisasie op die been te bring wat dié atlete sal help om geleenthede – op tuisbodem en die internasionale verhoog – aan te gryp.
Skrywer, historikus Dan Sleigh sterf
“Dan Sleigh het die weg gebaan vir baie aspirant-skrywers in Suid-Afrika.”
Kaptein Duane wil van voor lei
“As ʼn span het ons oor die feit gepraat dat dit waarskynlik my laaste tuiswedstryd in ʼn Springbok-trui is.”
‘Toebroodjie-generasie’ moet aftrede prioritiseer
ʼn Geslag wat eintlik vir twee finansieel afhanklike generasies moet voorsien, kan maklik nalaat om genoeg voorsiening vir hul eie aftrede te maak.
Hoe spaar ek vir my kind se toekoms?
Julie is spaarmaand in Suid-Afrika en ʼn baie goeie tyd vir ouers om bestek te neem van hul spaardoelwitte, veral met betrekking tot die befondsing van toekomstige hoëronderwysstudie.
Boult, Brevis skakel Faf se Texas uit
Dewald Brevis het nie net sy veldwerkvernuf vir MI New York uitgestal nie, maar het ook 41 onoorwonne lopies teen die Texas Super Kings aangeteken.
Polisielid doodgeskiet tydens rooftog
“By die beamptes se aankoms by die winkel het hulle ses gewapende rowers teëgekom. ʼn Skietgeveg het uitgebreek waartydens konst. Mzwandile Innocent Mthana (34) doodgeskiet is.”
Propriosepsie: Die mens se sesde sintuig
Ons sintuie is ons kontak met die wêreld om ons, die oomblik waarin ons leef – goed of sleg. Dit is naelstringe wat ons met hierdie spesifieke oomblik, plek en tyd verbind en dwing jou om te leef. Het ons dan meer as vyf sintuie?
Malanseuns spog met 110 jaar van innovasie, geskiedenis by sy handelskou
Malanseuns Plesierplante het hierdie week hul 110de bestaansjaar gevier met ʼn handelskou waar hulle die diepblou agapant Midnight Sky bekendgestel het.