Ongeveer tien gevangenisse van die Wes-Kaap is tussen 4 en 8 Julie in ʼn vriendskaplike rugbytoernooi by die Boland-rugbystadion te sien as deel van ʼn rehabilitasieprogram.
Bryn Wilson, die gebiedskommissaris, sê dié gedagte het in 2015 ontstaan as deel van ʼn Madibamaand-inisiatief. “Nelson Mandela het altyd gesê sport kan nasies verenig omdat dit soveel dissipline en deursettingsvermoë verg, daarom het ons besluit op dié program vir die gevangenes,” verduidelik hy.
Wilson sê die program se ondersteuning is “oorweldigend”. “Ons probeer met die program die gevangenes se gedragspatrone verander en hulle weer in hulself laat glo. Ek glo diep in my hart dat ons die mense kan heelmaak in hierdie tronke.”
Die vorige toernooi in 2015 het soveel positiewe reaksie verkry dat die onderskeie gevangenisse weer vanjaar die Boland-rugbystadion in die Wes-Kaap en al sy geriewe gebruik.
“Jy sal nie glo hoe positief laas jaar se program in die lewe van die mense was nie. Die mense het gou besef jy kan nie deel wees van ʼn span sonder daai dissipline, groepwerk, luistervaardighede en deursettingsvermoë nie,” voeg hy by.
Wilson sê die gevangenes in die Wes-Kaap-omgewing kan slegs deel wees van dié program indien hulle ook skoolgaan of ander vaardighede aanleer. Die gevangenis bied onderrig tot gr. 12 aan, en ander vaardighede soos toerisme, loodgietery en pleisterwerk.
“Hulle moet betrokke wees by van die ander programme om die sport te kan doen, en kry daarom byna dubbele rehabilitasie. Ander mense word as’t ware soos ʼn buurman en vriend wanneer die gevangenes uit die tronke gaan. Ons wil iets vir hulle beteken.”
Altesaam 12 manspanne en drie vrouespanne neem vanjaar deel aan die toernooi. Meer as tien wedstryde word oor die vier dae gespeel.
Rugbyspelers soos Chester Williams en Ruan de Jongh ondersteun die program ook deur die loop van die week. Ondersteuners kan gratis na al die wedstryde kyk.
Vir meer inligting, stuur ʼn e-pos aan [email protected].
Hierdie is vir my ook n oulike idee en dat daar wel mense daar buite is wat ietd probeer doen om misdaadigers se gedragspstrone na n positiewe gedrag probeer verander.
Absoluut. Ek sien ons trek een van die dae spelers van daar. Wie weet, dalk nog n toekomstige afrigter?
LOL – Alles is ook deel van rehabilitasie deesdae. Hulle rehabiliteer die mense so dat as hul uitgaan op parool – moor hulle weer!!
Jakkals verander van haar maar nie van streke.
Hulle moet hoop Fikile Mbalula sien hulle nie raak nie want ek sien geen “Transformasie” in daardie span nie.
????
Dis lekker . laat hulle gaan werk , kos plant , strate reg maak en skole bou .
?
Ek doen al meer as 10 jaar bediening in die tronk en het gesien hoe mense se lewens verander wat by Jesus uit gekom het en met hulle ontslag n positiewe bydrae kon lower daar is hoop en verandering in JESUS
Niel. Ek het saam die Gideons bybels by tronke afgegee. Daar is n storie wat ek altyd sal onthou. Daar was n geharde misdadiger wat maar net nie belang gestel het om enige iets van Jesus of die bybel te weet nie. Hy het die bybel gevat en gespog hy draai sy zolle daarmee. Eendag toe roep hy een van die Gideons nader en se, ek het die bybel gerook van die begin af, maar toe ek by Matteus kom, toe rook Matteus vir my.
Dink hulle kan ook maar die mense inspan om te help bou aan die land …op die oomblik vat en vat hulle net …kan dalk begin met iets baie basies soos om te help papiere optel ….genade SA is nou vuil hoor …rommel en ilegal dumping oral waar jy kyk …is eintlik buite beheer …maar stadsraad doen niks …kyk net weet seker nie eers dit is n probleem nie …wat n gemors
Die Tronk is n veilige hawe n Hotel op steroids. O dis lekker inni trok!. Misdaad is eindlik n beroep wat betaal man go for it.
Sou tronke hotelle wees verduidelik n bietjie waarom hulle nie vryheid van beweging het nie,nie kan kies wat hulle wil eet nie,nie die keuse het om n kamer met vriende te deel nie.Kan nie channel hopping doen nie maar moet kyk wat ons lede besluit het wat om te kyk en vele meer as dit n hotel is wil ek nooit daarheen gaan nie.Onthou Justisie straf ons mandaat is om die gevangene te rehabiliteer ens en nie om hulle te straf nie.Dit is justisie se werk.
Sal van hierdie spelers beskikbaar wees vir ons provinsiale spanne, soos by “die bulle”??? Hierdie agterlyn hardloop asof hulle iets gesteel het!!!
Hier kom die bokke!!!!!