Grootste Grap: Kom stem vir die top-50

Grappe is so eie aan Afrikaans soos koeksisters, biltong en pannekoek. En veral in ʼn tyd waarin peste en pestilensies ons almal pê het, is ons Afrikaanssprekendes mos bekend daarvoor dat ons vinnig-vinnig ʼn gepaste (en soms onvanpaste) grappie uitdink om mekaar beter te laat voel.

Ter viering van Maroela Media se tiende verjaardag in 2021 is ons op soek na die Grootste Afrikaanse Grap van Alle Tye. Boonop staan jy die kans om een van twee vakansies na Mauritius te wen met die komplimente van World Leisure Holidays*!

Tydens ons eerste fase het ons lesers gevra om hulle gunstelinggrappe in te dien. Dit is dus nie jou eie grap of ʼn grap wat jy self uitgedink het nie, dis sommer net ʼn grappie waarvoor jy elke keer lag as jy dit hoor. En die grappe het behoorlik ingestroom!

Ons beoordelaarspaneel van grapmakers het saam kopgekrap om die top-50 beste grappe met die hand uit te soek. Nou is dit jou kans om vir die top-50 te stem.

Onthou: Indien jy ʼn grap in die top-50 sien wat jy ingedien het, dit nie noodwendig jou grap is nie. Ons het verskeie grappe meer as een keer ontvang. Slegs die persoon wat die wengrap heel eerste ingeskryf het, wen die Mauritius-vakansie ter waarde van R70 000. Enigiemand wat egter aan die stemproses deelneem, kom in aanmerking vir die tweede Mauritius-vakansie ter waarde van R50 000.

Die sluitingsdatum van die tweede fase van die veldtog (om vir die top-50 te stem) is 24 Oktober 2021.

Só maak jy:

  • Besoek grootstegrap.co.za
  • Kies die kategorie waarna jy wil kyk en luister: rooi, geel, blou, groen of pers
  • Daar is 10 grappe in elke kategorie en bo-aan elke grap is ʼn video-opname van een ons grapmaker-beoordelaars wat dié grap vertel
  • Blaai links en regs deur die verskillende grappe in die kategorie of klik heel bo-aan die bladsy as jy na ʼn ander kategorie wil aanbeweeg
  • Klik op die “stem”-blokkie as jy vir ʼn spesifieke grap wil stem – jy kan die grap ook op jou Facebook-blad of Twitter deel
  • Jy kan elke dag vir minstens een grap in elke kategorie stem en jy kan elke dag terugkom om vir die grappe te stem.

Moenie op jou laat wag nie – laat die verkiesing begin!

Bepalings en voorwaardes geld

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.