Ilse Gravett van Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit is ʼn positiewe denker wat elke geleentheid wil aangryp. Sy het pas onderskeidings in Afrikaans, wiskunde, lewensoriëntering, lewenswetenskappe, ingenieursgrafika en ontwerp, fisiese wetenskappe en musiek behaal.
Sy gaan vanjaar BSc dieetkunde aan die NWU in Potchefstroom studeer.
Ilse skryf haar akademiese sukses toe aan haar toewyding en hope harde werk.
Haar rolmodel is haar pa, Wynand, wat ʼn produksiebestuurder is by Spif Beleggings. “Ek sien op na my pa omdat hy ʼn baie wyse mens is.” Haar ma, Marina is ʼn wiskunde-onderwyseres.
Ilse is baie lief vir musiek en het haar gr. 7 praktiese klaviereksamen met lof geslaag. Sy doen ballet en het ook hokkie gespeel tydens die AVS se Bokkieweek.
Haar lewensfilosofie is:
“Die lewe is soms soos ʼn wipwaentjierit wat op én af gaan. Jy kan óf bang wees, óf die rit geniet.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Mooi Ilse.
Jy het ‘n positiewe filosofie op die lewe. Sterkte met jou studies. Maak ‘n verskil daar buite!