Jy word genooi na ʼn glansgeleentheid net vir vroue

Nooi jou ma, suster of vriendin uit om saam met jou hierdie geleentheid by te woon. (Foto: pixabay.com)

Augustus is Vrouemaand. Daarom word jy genooi na “Vroue in Beweging” se onvergeetlike vroueoggend op Vrouedag 9 Augustus in die AfriForum Teater in Pretoria. Die bekende aktrise Reandi Grey gaan die seremoniemeester wees. Talana Vuren-Kuhn, motiveringspreker, sowel as Elme Churr, CheraLee en Carma, jou gaan vermaak by dié unieke geleentheid.

Die dag beloof om ʼn inspirerende geleentheid te wees. Nie net sluit jou kaartjie iets om te eet in nie, maar jy kan ook uitsien na ʼn groot geskenkpak!

Nooi jou ma, suster of vriendin uit om saam met jou hierdie geleentheid by te woon. Dit is ʼn dag wat jy nie wil misloop nie. Ons wil saam jou Vrouedag vier.

Verseker jou plek by hierdie opwindende geleentheid deur vandag jou plek te bespreek.

Die bekende aktrise, Reandi Grey, gaan die seremoniemeester wees. (Foto: verskaf)

Die FroueVonds (met opset verkeerd gespel, want ons leuse is “Alles loop nie altyd reg nie”) sal saamwerk met instellings van die Solidariteit Beweging om die #Vroueinbeweging-agenda te vestig. Ons wil graag hierdie nuwe poging op 9 Augustus saam met jou vier.

Ons gebruik die bekendstelling as ʼn belangrike geleentheid om fondse vir die “Vroue in Beweging”-inisiatief in te samel. Die opbrengs uit kaartjieverkope sal teruggeploeg word in die inisiatief. Ons is gretig om ons vroue te bemagtig deur opvoeding, opleiding en ontwikkeling, en hierdie geleentheid gee ons die kans om geld vir hierdie belangrike doelwit in te samel.

Die “Vroue in Beweging”-inisiatief plaas ʼn sterk klem op opleiding, wat vroue toerus met die kennis en vaardighede wat hulle nodig het om hul lewens te verbeter en hulself te ontwikkel. Ons streef daarna om ʼn omgewing te skep waar vroue kan optree met selfvertroue en hul plek in die samelewing kan inneem.

Deur by die bekendstelling van Vroue in Beweging teenwoordig te wees en ʼn kaartjie te koop dra jy dus by tot die voortdurende ondersteuning en bemagtiging van vroue deur middel van ons “Vroue in Beweging”-inisiatief. Dit is ʼn unieke geleentheid om saam te staan en ʼn verskil te maak in die lewens van vroue deur hul ontwikkeling en vooruitgang te ondersteun.

Dit gaan ‘n onvergeetlike vroueoggend wees wat aangebied word by die AfriForum Teater. (Foto: Verskaf)

Sluit asseblief by ons aan terwyl ons saamwerk om ʼn toekoms te skep waarin elke vrou die ondersteuning en geleenthede kry wat sy verdien. Ons kan saamwerk om ʼn omgewing te skep waar vroue vrylik kan groei en hul volle potensiaal kan bereik.

Ons wil graag ons dankbaarheid uitspreek teenoor die Solidariteit Beweging, ons hoofborg, vir hul ondersteuning en betrokkenheid by Vroue in Beweging. Ons wil ook ons dankbaarheid uitspreek teenoor Boerboel Wear, Serwalo Hair Academy en Bruidsgids, ons ander twee borge. Hulle hulp en betrokkenheid laat ons toe om betekenisvolle geleenthede vir vroue te skep. Met hul hulp kan ons vroue bemagtig deur opvoeding, ontwikkeling en opleiding.

Vir navrae stuur gerus ʼn e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.