Karoo-boek inspireer reeks produkte vir Kersfees

Die ONSKAROO-boek deur Coenie de Villiers en Deon Meyer (Foto: Elsabé Erasmus)

Die bekroonde spanningskrywer Deon Meyer en musiekgenie Coenie de Villiers se nuutste boek, ONSKAROO, het die land bekoor en soos soetkoek verkoop. Hierdie boek bring die verruklikheid van die Karoo na koffietafels en het boonop ʼn reeks splinternuwe Karoo-produkte geïnspireer.

Nou kan jy ook ʼn stukkie van die Karoo se mooi aan iemand spesiaal gee dié Kersfees! Die splinternuwe ONSKaroo-reeks is vanaf November 2022 beskikbaar en is ontwerp in samewerking met Deon Meyer en Coenie de Villiers. Die reeks bestaan tans uit agt unieke produkte wat die landskap en taal van die Karoo vier.

Die reeks bestaan uit:

Die foto’s van die Karoo wat op ʼn verskeidenheid van die produkte spog is deur die welbekende Sarel van Staden en Maryna Cotton afgeneem. Hulle fotografie word wêreldwyd gebruik en verskyn onder andere in die National Geographic-tydskrif.

Die Koöperasie, Maroela Media se aanlyn geskenkwinkel, bied al vir jare lank ʼn platform vir dié wat geskenke in Afrikaans wil koop. Die Koöperasie bring ʼn gevoel van nostalgie en  elke produk verteenwoordig ʼn stukkie van die Afrikaanse kultuur.

Jy kan nou hierdie spesiale ONSKaroo-reeks slegs op Maroela Media se Koöperasie kry!

Klik en koop jou Kersgeskenke nou by www.maroelawinkel.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.