Kom ry saam op Maroela Media se storiebus deur Namakwaland!

Argieffoto (Foto: NauticalVoyager/Pixabay)

Stories vertel is so eie aan die Afrikaanse kultuur soos kampvuur, Namakwalandse blommetjies, Cremora-tert en koffie op ʼn plaasstoep. Wat is dan nou beter as om dié bestanddele saam te klits vir ʼn Maroela Media-wenresep?

Ons is opgewonde om jou saam te nooi: Kom klim op Maroela Media se storiebus en reis ál storievertellende saam met ons deur Namakwaland.

Met dié storiebus wil ons die Afrikaanse kultuur van stories vertel laat herleef – ʼn kultuur wat ʼn hoogtepunt beleef het in die era van ikoniese storievertellers soos Jan Spies, PG du Plessis, Ollie Viljoen en Tolla van der Merwe. Ons klim op die bus in Kaapstad, en vertrek dan op ʼn vyfdagreis deur Namakwalandse plekke soos Springbok, die Knersvlakte, Hardeveld, Namakwalandse Klipkoppe, Nieuwoudtville, Strandfontein, Doringbaai, Lambertsbaai, Piekenierskloof en Tulbagh.

Twee gesoute storievertellers reis saam en sal sorg dat elke oomblik op die bus gevul is met grappies en staaltjies terwyl ons blomme kyk en die kultuur van die Namakwalanders beleef. In die aand steek ons ʼn kampvuur aan, trek die gordyne van die sterrehemel oop en vertel onder die sterre nóg stories tot ons almal huil van die lag en lag van die huil.

Moenie die bus mis nie! Maroela se storiebus reis van 7 tot 11 Augustus 2019 deur Namakwaland. Pryse vir die toer is slegs R10 000 per persoon wat deel en R12 000 vir ʼn enkelkamer.

Vir meer inligting oor die toer, die toerprogram en besprekings, vul die onderstaande kontakvorm in en ʼn verteenwoordiger sal jou kontak.

Ek stel belang!

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.