Laerskool vier halfeeu met besoek aan monument

Kanon Susanna het ook haar stem dik gemaak as deel van haar verjaarsdagsaluut vir die skool. (Foto: Verskaf)

Die Voortrekkermonument het Dinsdag die grootste groep besoekers ontvang sedert die Covid-19-pandemie die land in onsekerheid en mismoedigheid gedompel het.

Laerskool Monumentpark vier vanjaar hul 50ste verjaarsdag. Meer as 1 200 leerlinge en onderwysers het die Voortrekkermonument se terrein gekies om dié geskiedkundige geleentheid te vier.

Met die aankoms by die monument het die kinders gesing en gejubel soos wat hulle die trappe uitgeklim het.

Daar was eers ’n openingsfunksie, waarna die kinders ’n heerlike dag op die terrein geniet het.

Die hele skool het toere in die monument, Pioniersentrum en op die terrein meegemaak.

(Foto: Verskaf)

Dr. Danie Langner, die monument se besturende direkteur, het gesê dit is ’n ongelooflike voorreg vir die monument om gasheer te wees vir Laerskool Monumentpark se spesiale dag.

“Wat ’n belewenis. Alles is na die reën skoon gewas, ʼn ongelooflike gees het geheers. Die monument het lanklaas so gelewe met vrolike, opgewonde kinders, onderwysers en ouers. Puik laerskool en ’n puik funksie,” het Langner gesê.

Die Voortrekkermonument wens Laerskool Monumentpark “baie geluk met hulle verjaarsdag en mag die volgende 50 jaar net geseënd wees”.

Kanon Susanna het ook haar stem dik gemaak as deel van haar verjaarsdagsaluut vir die skool.

(Foto: Verskaf)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Martin ·

Dis mos nou ‘n lekker stukkie leesstof vir ‘n verandering. Baie beter as die moord, korrupsie, verval en ESKOM gemors wat elke dag die nuus oorheers.

anniekiewiet ·

Watter vreugde is dit nie! Wens ek kon dit van die kant af dophou, wow.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.