Elize Perrin weet self hoe dit voel om ʼn geliefde skielik aan die dood af te staan. Haar broer is in 2012 op ʼn plaas buite Brits vermoor. Hierdie voorval het haar genoop om ʼn beradingskamp met die hulp van verskeie beraders aan te bied, waar mense die kans kry om deur pyn en trauma te werk. Die kamp word nou vir die derde keer in Gauteng gedurende Mei aangebied en later vanjaar word ʼn soortgelyke geleentheid in Bredasdorp in die Wes-Kaap gehou.
Esté Meyer Jansen het met Elize in Victoria-Wes gesels en haar gevra om ons meer oor die beradingsessies te vertel: