Skryfnet: Skryf ʼn mediaverklaring wat die nuus haal

 skryfnet-aanlynwinkel-02-mediaverklaring-feb23.jpgSukkel jy om jou produk, diens of belangrike inligting uit te kry in die media? Beland jou mediaverklarings in die snippermandjie? Twyfel jy of dit enigsins nog ʼn goeie idee is om mediaverklarings uit te stuur?

Ons het vir jou die perfekte oplossing en antwoord!

Skryfnet, die Afrikaanse skryfskool, bied binnekort ʼn aanlyn oggendwerksessie aan waar jy kan leer presies hoe om die perfekte mediaverklaring te skryf.

Dr. Thalyta Swanepoel, ʼn dosent in joernalistiek en mediaskakeling aan die Noordwes-Universiteit en ʼn voormalige joernalis en kommunikasiepraktisyn, het dié praktiese werksessie spesiaal ontwikkel vir diegene wat kleitrap.

Dit sal regstreeks aanlyn aangebied word en deelnemers toerus met die nodige kennis en praktiese vaardighede om in-die-kol-mediaverklarings te skryf, wat nuusredakteurs se aandag trek en nie in hulle snippermandjies beland nie.

Dr. Thalyta Swanepoel het dié praktiese werksessie ontwikkel en is ook die aanbieder. (Foto: verskaf)

Skryf ʼn mediaverklaring is ook nie net ʼn teoretiese kursus nie – Swanepoel sal deelnemers aan die hand van hulle eie persvrystellings lei om meer treffende kopie te skryf.

Maroela Media se inhoudsredakteur, Esté Meyer-Jansen, sal ook kortliks haar ervaring deel en verduidelik hoe redakteurs besluite neem oor die plasing van mediaverklarings.

As jy ʼn kommunikasiepraktisyn of entrepreneur is wat graag vir jou kliënte of besigheid meer blootstelling wil gee, is hierdie werksessie ʼn moet.

Dié regstreekse sessie is Skryfnet se eerste kursus vir die professionele mark (hoewel dit reeds vir die derde keer aangebied word) en vind op 17 Februarie 2023 van 09:00 tot 13:00, plaas.

Klik hier om jou plek te bespreek. Sodra die registrasieproses afgehandel is, sal daar ʼn e-pos met verdere inligting deurgegee word om by die aanlyn sessie in te skakel en ʼn bestaande mediaverklaring as voorbeeld in te dien.

Deelnemers wat die werksessie voltooi, ontvang ʼn sertifikaat van Akademia. Inskrywings sluit op 15 Februarie 2023. Die werksessie kos R500 per persoon. Afslag is beskikbaar vir groot groepbesprekings.

Besoek ook Skryfnet se webwerf vir meer inligting en antwoorde op gereelde vrae.

Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.