Hy word daarvan beskuldig dat hy ‘n eier na koning Charles III gegooi het.
Lees meerAlles vir Maandag 9 Januarie 2023
SA-landbousatelliet deur SpaceX gelanseer
EOS SAT is die wêreld se eerste landbougefokusde satelliet-kontellasie en sal hoë gehalte data aan die landbou- en bosboubedryf verskaf om doeltreffende en volhoubare praktyke te ondersteun.
Dlamini-Zuma swyg steeds oor ramptoestandbesluite
“Die inligting wat die hof Sakeliga toegestaan het, sal lig werp op die besluite van Dlamini-Zuma en ʼn regering wat vir meer as twee jaar lank met ongekende arbitrêre diktate en inperkings groot skade aangerig het.”
Man in polisiestasie doodgeskiet
“Hy het die beamptes aan diens beledig en op hulle afgestorm.”
Twee sterf in septiese tenk op plaas
ʼn Derde man het gesukkel om asem te haal.
ToekomsVenster: Stuur my om boodskapper te wees
My gebed is dat die wêreld rondom jou beter daaruit sal sien omdat jy sout en lig is in jou omgewing, dat mense heel sal word na liggaam siel en gees. My gebed is dat jy gawes sal ontdek wat jy nie eers geweet het jy het nie en dat jy vervuld, vrugbaar en voluit sal lewe.
90-jariges se raad aan ons jonges
Haal gerus soms die fyn porselein uit die kas en drink die goeie wyn – sommer sonder ʼn rede. Dans by troues totdat jou voete seer is.
Goed, beter, beste – Hilux?
Toyota se Hilux is beslis nie onbekend in dié segment nie… maar die Toyota Hilux GR-S sit die Hilux in ʼn nuwe liga as dit kom by sleep.
Lula beskryf amok as ʼn ‘fascistiese aanval’
Brasiliaanse veiligheidsmagte het Maandag die gebied rondom dié land se kongresgebou, die president se woning en die hooggeregshof in Brasilia, die hoofstad, afgesper nadat ondersteuners van oudpres. Jair Bolsonaro die vorige dag daar amok gemaak het.
Skryfnet: Skryf ʼn mediaverklaring wat die nuus haal
Skryfnet, die Afrikaanse skryfskool, bied binnekort ʼn aanlyn oggendwerksessie aan waar jy kan leer presies hoe om die perfekte mediaverklaring te skryf.
Sepiegids: Stiaan sien rooi in ‘Binnelanders’
In ‘Suidooster’ dink Bridgette sy het ’n manier gekry om van Nazeem ontslae te raak en in ‘Diepe waters’ word Anja en Rossouw gekonfronteer en dan neem Sanet ’n drastiese besluit.
Pa veg verbete toe rowers op N12 toeslaan
ʼn Gautengse pa het drie aanvallers, gewapen met pangas en kapmesse, in ʼn desperate terugvegpoging die stryd aangesê toe hy en sy gesin op die N12-hoofweg aangeval en beroof is.
Jake sterk aan ná noodoperasie
“Die mediese span is vol vertroue dat hy ten volle sal herstel en binnekort na sy pos sal terugkeer.”
Hof gepak vir Koster-5 se verskyning
“Ons almal is in die donker oor wat gebeur het.”
Ma, seun verdwyn: ‘Gewone oggend het in nagmerrie ontaard’
“Die gebeure speel oor en oor in my kop af.”
Frustrasie met veediefstal lei dalk tot skietery
Die reeds gespanne situasie weens veediefstal in die Vrystaat het nou oënskynlik breekpunt bereik, ná ʼn stryery oor vee glo tot die skietdood van ʼn jong boer van die gebied gelei het.
Ondersoek ná MyCiTi-bus op hoofweg brand
’n MyCiTi-bus het Maandagoggend op die N2-hoofweg by Kaapstad aan die brand geraak.
Video: ‘Ek is spyt oor niks’, sê ‘RHOPTA’ se Mel Viljoen
Mel Viljoen vertel aan Maroela Media dat ‘Die Real Housewives van Pretoria’ presies aan haar verwagtinge voldoen en sê sy steur haar min aan kritiek op sosiale media – sy wil net ʼn rolmodel vir jong meisies wees.
EFF dreig skool oor plasings
“Hierdie probleem steek die afgelope vyf jaar jaarliks kop uit en ons as skool doen alles om soveel moontlik leerders in te neem.”
Pta-man in hof oor ‘wraakpornografie’
John Schuurman, ook bekend as Johnny Rockett, is op 23 Desember verlede jaar in hegtenis geneem en was oor die feestyd in die tronk.