SA-landbousatelliet deur SpaceX gelanseer

EOS SAT-1 (Foto: Dragonfly Aerospace/Facebook)

Die eerste beeldingsatelliet wat deur die Suid-Afrikaanse maatskappy Dragonfly Aerospace gebou is, is suksesvol gelanseer.

Die EOS SAT-1 (AgriSat-1/ZA-008) is op 3 Januarie deur die Amerikaanse SpaceX by Cape Canaveral in Florida gelanseer as deel van die Transporter-6-sending.

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en innovasie, sê die lansering van die mikrosatelliet van 170 kg volg ná verlede jaar se suksesvolle lansering van drie plaaslik vervaardigde nanosatelliete deur die departement van wetenskap en innovasie en sy vennote. Die Maritime Domain Awareness Satellite (MDASat-1)-konstellasie is met SpaceX se Transporter-3-sending gelanseer om die beweging van skepe langs Suid-Afrika se kusgebied te monitor. Dit was die eerste satellietkonstellasie wat in sy geheel op die Afrikavasteland ontwikkel is.

Die EOS SAT-1-satelliet is die eerste van ʼn konstellasie van sewe satelliete wat in ʼn wentelbaan naby aan die aarde sal beweeg vir EOS Data Analytics. Die oorblywende ses satelliete sal oor die volgende drie jaar ontplooi word.

EOS SAT is die wêreld se eerste landbougefokusde satelliet-kontellasie en sal hoë gehalte data aan die landbou- en bosboubedryf verskaf om doeltreffende en volhoubare praktyke te ondersteun.

Foto’s van Dragonfly se EOS SAT-1 sal waardevolle inligting verskaf vir toepassings soos oesmonitering, seisoenale beplanning asook assesserings oor vog in die grond, voorspellings vir verwagte oeste en biomassavlakke. Die data sal boere ook help om koolstofgasuitlatings te verminder en hulle help om volhoubare landboumetodes te ontwikkel.

“Dié inligting hou belangrike voordele vir die omgewing in en sal biodiversiteit in stand hou.”

Die minister het Dragonfly Aerospace gelukgewens as ʼn trotse oomblik vir die land.

We are extremely excited to announce that Dragonfly Aerospace's first satellite, built by two teams in the RSA and…

Posted by Dragonfly Aerospace on Tuesday, January 3, 2023

#DragonflyAerospace’s team is currently experiencing exciting times!#EOS_SAT-1 was launched into LEO onboard the SpaceX Falcon-9 during the Transporter-6 mission.The #satellite successfully separated from the rocket and yesterday we made first contact! A huge congratulations to the #DragonflyTeam for the successful launch of the satellite!Our engineers have now started to perform calibration tests with all satellite systems. Stay tuned for the latest updates!#aerospaceengineering

Posted by Dragonfly Aerospace on Thursday, January 5, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chris ·

EOSDA is die eienaars van die sateliet. Hul doel met die sateliet – “To make that possible, we are currently aligning our roadmap with 9 of 17 Sustainable Development Goals as defined by the United Nations. All of our products and services get developed, implemented, and provided in accordance with these admirable goals”. Hierdie “admiral goals” is diabolies van aard, en daarop gemik om ‘n elke aspek van jou lewe te beheer – hul gaan “god” speel oor elke mens en hulself probeer verhewe bo die ware SKEPPER!

Goldy ·

Volhoubaarheid is die towerwoord van die dag, lets face it, dit gaan boere wereldwyd help om meer te produseer met minder insette en sodoende voedselsekuriteit (nog n bussword) verbeter. Dis goed enoeg, nie nodig om dit verder met groenn kwas te probeer versier nie

Pyl ·

Hi Chris. Eks ‘n flat earther. Enigste “sateliete” daarbuite is Heliumbalonne. Soek: Satteloon op die internet. Ons almal bly op God se aarde, nes in die Bybel beskryf.

Morné ·

Baie indrukwekkende nuus, ‘n produk van S.A in die ruimte gestuur deur ‘n oud Suid Afrikaner, Elon Musk se SpaceX mpy. Die doel van die harde werk sal soveel voordele inhou vir die boere se vooruitgang.

Pyl ·

Net jammer dat al Space X se sateliete eindlik heliumbalonne is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.