Topmatrieks: Kaapstad-tweeling ryg 12 onderskeidings in

Angelique (links) en Dominique le Roux.

Angelique (links) en Dominique le Roux.

Vinkel en koljander, die een is net so slim soos die ander. Dominique en Angelique le Roux, ʼn tweeling wat hul 2014-matriekeindeksamen aan die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad afgelê het, spog altesaam met 12 onderskeidings.

Dominique het sewe onderskeidings ingepalm en ʼn gemiddeld van 84,3% behaal. Sy het A’s in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, besigheidstudies en ekonomie behaal.

Angelique het vyf onderskeidings met ʼn gemiddeld van 86%. Sy het onderskeidings in Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, dramatiese kunste en het bykans 100% vir ingenieursgrafika en -ontwerp behaal.

Dominique beplan om ʼn onderwyser te word en wil by Wellington Onderwyskollege gaan studeer. Angelique gaan B.Ing. (Meganies) aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.

Die sussies was tot en met gr.9 verbonde aan Cullinan Gekombineerde Skool in Cullinan, Gauteng, en was van gr.10 tot gr.12 in Hoërskool Brackenfell.

Albei was van gr.1 af al toppresteerders met gemiddelde bo 80% en het regdeur hul laer- en hoërskoolloopbaan ook uitgeblink in talle olimpiades en op die kultuurfront.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Deon Lombard ·

wat dit nog meer besomders maak is dat Angelique en Dominique se pappie in motorongeluk was en oorlede is toe hulle babas was Dis ongelooflik dat hul ma die 2 as enkel ouer groot gemaak het onder baie moeilike omstandighede Iets waarop sy en hulle baie trots kan wees Ons is baie trots op hulle en geluk Deon en Este Lombard

Deon Lombard ·

wat dit nog meer besomders maak is dat Angelique en Dominique se pappie in motorongeluk was en oorlede is toe hulle babas was Dis ongelooflik dat hul ma die 2 as enkel ouer groot gemaak het onder baie moeilike omstandighede Iets waarop sy en hulle baie trots kan wees Ons is baie trots op hulle en geluk Deon en Este Lombard

zahn ·

Dankie Deon vir die ekstra inligting, ek wou nogal sê hul ouers moet vreeslik trots wees, maar ek glo daar is een ma wat vanoggend (weer) nie groot genoeg hemde het om oor daai trotse bors te kom nie! Baie geluk me. le Roux, jy is ‘n wenner!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.