AfriForum is slaggereed vir die hofstryd wat hom binnekort in die Suid-Gautengse hooggeregshof gaan afspeel vir die behoud van godsdiens in skole.
Dít, nadat die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (OGOD) ʼn aanslag op Christen-godsdiens in skole van stapel gestuur het.
Die burgerregte-waghond en die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) befonds die hofsaak, maar bykomende fondse is nodig. ʼn Predikant van Pretoria en sy vriend, ds. Henk Stavast en Derik Francis, het Maandag 13 April op ʼn fietstoer van sowat 6 000 kilometer vertrek om geld in te samel. Hulle het vanoggend uit Vryburg vertrek en is op pad na Kuruman in die Noord-Kaap.
Esmarie Prinsloo het vir ons hierdie verslag saamgestel.
- Kliek hier vir die volledige Hou God in skole-fietstoer – TOERPROGRAM of volg die fietsryers regstreeks op hulle roete by LocaToWeb. Die toer kan ook gevolg word en ‘n petisie kan elektronies geteken word by www.hougodinskole.co.za. Die Hou God in Skole- Facebook-blad en die webblad,www.afriforum.co.za, sal lesers ook op hoogte hou van die fietsryers se vordering.
Nee nee wat, daai godsdiens moet uit !
`n Nuwe era waar kinders vry sal wees van indoktrinasie – veral die wie se ouers nie will hê hull kinnertjies moet voor die ouderdom van 18 reeds geestelik gemollesteer word nie .. of andersins moet buite die klas sit en wag dat hul mede skoliere moet klaar sing .. gedurende skool ure.