Tyd vir bietjie bederf dié Kersfees

Argieffoto (Foto; monicore/Pixabay)

Dis uiteindelik amper tyd om die laaste e-posse te beantwoord, die laaste vergaderings af te sluit en jou rekenaar af te skakel. Maar iewers in jou agterkop weet jy ook die druk is nie heeltemal oor nie – daar is net twee weke oor vir Kersinkopies…

Moenie bekommerd wees nie. Maroela se aanlynwinkel kan in ʼn kits vir jou die items in Die Koöperasie wat jou hart steel, in ʼn pakkie opmaak en seker maak dis voor Kersfees nog by jou, gereed vir die Kersboom in jou sitkamer, of in die tent by die see, of in die chalet iewers in die bos. Kom loer gerus na ons oulike geskenke wat jou hart gaan steel en jou sak gaan pas.

Boland-gedigte op vier emaljebekers

Boland-gedigte op vier emaljebekers

Bederf iemand wat dol is oor Afrikaans met ʼn reeks emaljebekers met NP van Wyk Louw se Vier gebede by jaargetye in die Boland daarop. Die vier strofes uit die gedig, Vroegherfs, Uit hierdie ligte herfs, Winter en Eerste sneeu is elk op ʼn blikbeker van hoë gehalte wat net so mooi op tannie Hannie se geelhouttafel in die eetkamer kan pronk as om die kampvuur tydens jou volgende staptoer.

Vir enigiemand wat net so lief soos jy is vir Afrikaans, is hierdie roerend mooi bekers ʼn hartsbederf – of dit nou vir Kersfees is, ʼn verjaardag of sommer enige tyd van die jaar.

Koop ʼn stel van vier Boland-blikbekers nou in Die Koöperasie vir slegs R260-00.

Kombuistaal-magnete

Kombuistaal-yskasmagnete

ʼn Kombuis is ongetwyfeld die hartklop van die huis – dis hier waar daar ure lank om die tafel gesit en gesels word, waar lief en leed met mekaar gedeel word, waar liggaam en siel gevoed word.

Spog nou met ʼn stel kombuistaal-yskasmagnete op jou yskas waarmee jy en jou familie en vriende wat kom kuier, ure lank kan speel: met woorde soos “luilekker” en “samesyn”, “kuier”, “gesels”, “snoepgoed”, “malvalekker”, “beskuit”, “biltong”, “knus” en “gemaklik” en alles wat jy nodig het om sinne mee te bou, gaan die gesin en kuiergaste stry om by die yskasdeur te staan en bou!

Dis ideaal vir Kersfees, ʼn verjaarsdag, ʼn jaarafsluiting en enige ander geleentheid wat jy iemand met ʼn unieke en eg Afrikaanse geskenk wil bederf.

Koop die kombuistaal-magnete nou in Die Koöperasie vir slegs R60-00

Kindertaal-magnete

Kindertaal-yskasmagnete

Die kleinspan se aartappelstempel/handafdruk/eierdop-kunswerke pryk op jou yskas en op die mure in die gang. Al wat jy nou nodig het, is ʼn stel kindertaal-yskasmagnete waarmee hulle eenvoudige sinne kan bou.

Met woorde soos “speelgoed”, “teddiebeer”, “sjokolade”, “loop”, “staan”, “skop”, “bal”, “pop” en “rooi”, “geel”, “blou”, “groen” en “pers” en allerhande ander woorde wat jy nodig het om eenvoudige sinne mee te bou, kan jy hulle nou sommer van kleins af lief maak vir Afrikaans.

Dis ideaal vir Kersfees, ʼn verjaarsdag, ʼn jaarafsluiting en enige ander geleentheid wat jy iemand met ʼn unieke en eg Afrikaanse geskenk wil bederf.

Koop die kindertaal-magnete nou in Die Koöperasie vir slegs R60-00

T-hemde vir kinders

Wat op aarde gee ouma en oupa vir die kleinkinders? Loer na dié oulike T-hemde – elkeen met ʼn boodskap wat presies by elke kleinkind se geaardheid pas.

* Oupa se bulletjie

T-hemp met “Oupa se bulletjie”

Hy bult sy spiere nes sy oupa en hy kan gewoonlik nie wag om saam op die trekker te ry nie. Sy oupa is sy held en hy is sy oupa se oogappel.

* Ouma se karnallie

T-hemp met “Ouma se karnallie”

Sy kettie se rek is al pap geskiet en sy broeksakke staan gewoonlik bol van al die spinnekoppe en insekte wat hy liefdevol ronddra. Hy het ʼn akkedis vir ʼn troeteldier en al die honde van die buurt draf agter hom aan. Hy is ouma se regte karnallie.

* Oupa se hartedief

T-hemp met “Oupa se hartedief”

Sy weet net hoe om oupa om haar pinkie te draai. Met haar pienk frille en valle is sy ʼn regte prinses en haar oupa se hartedief.

* Ouma se suikerbekkie

T-hemp met “Ouma se suikerbekkie”

Sy weet presies waar die koekies in die spens weggesteek word en ouma bederf haar graag met ʼn lekkerny (wanneer mamma en pappa nie kyk nie). Met haar soettand is sy ouma se regte suikerbekkie.

Hierdie T-hemde is die ideale geskenk van oupa of ouma vir hul kleinkinders tydens Kersfees of met ʼn verjaarsdag.

Koop die T-hemde vir kinders nou in Die Koöperasie vir slegs R99-00

T-hemde vir volwassenes

As die kinders nog steeds kopkrap wat om vir pa, ma of oupa en ouma vir Kersfees te gee is dié oulike T-hemde net wat jy nodig het – elkeen met ʼn spesiale boodskap.

* My pappa is ʼn bobaasbraaier

T-hemp met “My pappa is ‘n bobaasbraaier”

Sy pappa is sy held: of dit nou met armdruk, stoei, rugby of om die braaivleisvuur is. Daar is niemand wat ʼn skaaptjoppie of ʼn stukkie boerewors kan braai soos sy pappa nie. Sy pa is baie trots op dié titel en hy is nie skaam om daarmee te spog nie.

* Pappa weet baie, maar oupa weet ALLES

T-hemp met “Pappa weet baie, maar oupa weet alles”

Sy pappa is sy held, maar hy kyk met sterre in sy oë na sy oupa. Sy oupa leer hom hoe om sy vellies vas te maak, hoe om ʼn sweep te klap en hoe om die natuur te waardeer. Hy kan nie wag om sy oupa se skoene een dag vol te staan nie. Oupa is baie trots daarop om met dié T-hemp te kan spog.

* My ouma is in kaneel

T-hemp met “My ouma is in kaneel”

Ouma het rakke vol resepteboeke en die kleinkinders blaai nostalgies deur die familieresepteboek wat ouma met die hand geskryf het. As hulle aan ouma dink, dan ruik hulle sommer al die soetkoekies en pannekoek en regte egte boerekos wat niemand soos ouma kan voorberei nie.

* My ma kán kook (kyk hoe lyk my pa)

T-hemp met “My ma kan kook (kyk hoe lyk my pa)”

Dié ma is die anker van haar gesin. Sy is die skouer waarop jy kan huil, die een wat graag luister as jy enigiets met haar wil bespreek – of dit sommer net muisneste of selfs iets meer ernstig is soos volgende week se eksamen waaroor jy bekommerd is, en die een wat alles in haar vermoë doen om vir haar gesin te sorg. Haar kinders lag lekker vir hierdie T-hemp, want ma se vernuf in die kombuis is duidelik te sien in pa se boep.

Hierdie T-hemde is die ideale geskenk van kinders vir pa, ma, oupa of ouma tydens Kersfees of met ʼn verjaarsdag.

Koop die T-hemde vir volwassenes nou in Die Koöperasie vir slegs R150-00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.