Valentynsdag: Wen ’n romantiese naweek vir twee in Limpopo

(Foto: Berchtesgaden)

Gedurende ʼn jaar verklaar geliefdes, wel hoe jonger hoe meer, hulle liefde aan mekaar, maar daar is een tyd van die jaar wanneer ons dit spesiaal maak. Jy kan dit natuurlik soveel beter doen in die mooie lowergroen Bosveld, in die hartjie van die Waterberge.

ʼn Maroela-leser kom in aanmerking vir ʼn spesiale naweek vir twee by Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm in die Vaalwater-distrik, net ʼn uur en half se ry buite Pretoria. Die wittebrood-suite, aandetes, midbyt en ontbyt word aan jou voorgesit met Saterdag se aandete onder die helder sterre van die Bosveld.

Geniet die gasvryheid van Berchtesgaden gedurende die naweek van 16-18 Februarie, waar jy die Saterdag ontspan, die bos bewandel, laatmiddag ʼn wildsrit geniet en die skoner geslag stuur vir ʼn spa-behandeling – alles by die wennerspakket ingesluit.

Almal wat inskryf, staan die kans om te wen. Vir minstens sewe persone wat vir die kompetisie inskryf, maar nie as wenner aangewys het nie, word daar afslag van 33% aangebied op jou rekening vir die naweek. Ons wil seker maak dat so veel as moontlik Valentyns mekaar kan liefkoos en bederf! Kom kuier in die Bosveld en verras jou Valentyn met ʼn spesiale wegbreeknaweek.

By Berchtesgaden is alle geriewe geskep met die een gedagte as prioriteit – almal wat kom kuier moet dit ervaar asof dit ʼn droom is wat waar geword het. Berchtesgaden spog met ʼn vierstergradering vanaf JagLekker en ʼn BestValue-toekenning van Afristay. Hulle is ook in 2022 bekroon deur LuxLife, ʼn internasionale tydskrif met meer as 250 000 lesers as “Best Country Accommodation in Limpopo”.

Berchtesgaden het boonop in September 2023 ʼn internasionale toekenning ontvang as “Best Luxury Ranch accommodation – Limpopo” in die afdeling kleinsake-toekennings. Lees meer hieroor op hulle Facebook-blad.

Wikkel en skryf dus sommer nou dadelik in om ʼn onvergeetlike naweek saam met jou geliefde in die hartjie van die Bosveld deur te bring. Sluit gerus ook aan by Berchtesgaden se Facebook bladsy.

Wen ʼn romantiese naweek vir twee

Maak seker jou inskrywing bereik ons voor 5 Februarie 2024 om 23:45.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum om in te skryf is 5 Februarie 2024 om 23:45.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Maroela Media sal die wenner telefonies en per e-pos kontak. As jy nie van Maroela Media hoor nie, kan jy aanvaar dat jy ongelukkig nie die wenner is nie.
  • Maroela Media kan nie aanspreeklikheid aanvaar as jou inskrywing vir een of ander tegniese rede ons nie betyds bereik nie.
  • Jou vervoer na en van die bestemming en enige ander uitgawes wat jy aangaan is nie by die prys ingesluit nie.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Maroela Media en Berchtesgaden kan nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige skade of verlies wat jy mag ly wanneer jy van die akkommodasieprys of enige ander geriewe by Berchtesgaden gebruik maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.