JG Oosthuizen, die seun van Johannesburg wat verlam gelaat is ná ʼn fratsongeluk in die see by Mosselbaai op 4 Januarie 2016, het sy matriek verwerf.
Oosthuizen, wat sedert die ongeluk in ʼn rolstoel vasgekluister is, het dié nuus Woensdag op sy amptelike Facebook-ondersteunersblad bevestig.
“Dis in die sak!” lui die inskrywing. “JG se resultate is in – en hy het dit gedoen!”
Dié goeie nuus kom twee jaar nadat Oosthuizen sy rugstring ernstig beseer het in die see nadat hy in ʼn golf ingeduik en vermoedelik ʼn sandbank getref het. Hy is as ʼn C5-kwadrupleeg geklassifiseer en het van sy skouers af ondertoe min of geen gevoel nie.
Oosthuizen is maande lank in die Life Rivierfield Lodge behandel waar hy vaardighede moes aanleer soos om sy nekspiere te gebruik om op ʼn skootrekenaar te tik en sy gemotoriseerde rolstoel te beheer.
Volgens die inskrywing op Facebook het Oosthuizen sy matriek met universiteitsvrystelling en twee onderskeidings geslaag.
“Ek was gereed om my finale skooljaar aan die Hoërskool Linden in 2016 te voltooi toe die noodlot ingetree het en my planne en drome opsy geskuif moes word,” het Oosthuizen gesê.
“Die ongelooflike ondersteuning van my familie en vriende het my inspireer om vir matriek in te skryf deur die My Teacher and Tutoring-sentrum (MTTC) in Johannesburg verlede jaar,” het Oosthuizen gesê.
“Met tye het dit gevoel of ek nie die mas gaan opkom nie, maar ek het deurgedruk en hier is ons vandag.”
Oosthuizen het die nasionale SACAI-eksamen geskryf en hoewel hy altyd graag biokinetika wou studeer, gaan hy homself nou daarop toespits om ʼn graad in regte aan die Universiteit van Witwatersrand te voltooi.
“Ek weet dit gaan nie maklik wees nie, maar ek glo waar ʼn wil is, sal daar ʼn weg wees,” het Oosthuizen gesê.
“Met die ongelooflike ondersteuning van my gesin, familie, vriende en mense uit die gemeenskap sien ek vir enigiets kans. Baie dankie daarvoor. Met julle hulp is ek reg om die volgende fase in my lewe aan te pak. Julle advies en bystand dra my.”
BAIE GELUK!!!!
Dit is deursettingsvermoë en ‘n poitiewe gesindheid.
Baie geluk!!!
Sterkte! SO bly jy het nie handdoek ingegooi nie! Mens kan as jy wil enigiets bereik! ? Mooi so, hou so aan!!!!!
Pragtig en welgedaan !
JY HET MY RESPEK, baie geluk, en ek hoop jy sal kan aangaan met jou studies in Regte. BAIE sterkte vir die toekoms, mag al jou drome waar word.
Wow! Jy gaan nog BAIE ver in die lewe kom!!
super trots op jou! Knapgedaan.
Never give up!!
So wonderlik! Baie bly vir jou en BAIE BAIE geluk, jy het aan jouself en aan ander bewys dat jy nie sal gaan le nie. Mag jou toekoms oop wees voor jou jong man. Jou ouers kan met reg, baie trots wees op jou.
Wow jy is ‘n ster, aanhouer wen! Respek!
Mooi gedoen JG. Bietjie advies van ‘n ander gestremde. In Suid Afrika is die ondersteuning vir ‘n blanke gestremde beperk. Verder is daar ook min organisasies wat gestremdes tegemoet kom. Jy sal moet uithaal en wys en die beste van alles moet maak wat jy doen. Sterkte