Vet pret met Maroela-lesers se vakansiefoto’s

‘n Keur van die vakansiefoto’s wat Maroela-lesers ingestuur het

Januarie voel soms soos die langste maand van die jaar – dit voel of die dag nooit weer gaan aanbreek wanneer jou salaris inbetaal word nie. Maroela Media wou graag ʼn leser bederf met ʼn bietjie ekstra kontant vir Januarie.

Ons het lesers genooi om hul vakansiefoto’s met ons te deel en boonop in aanmerking te kom vir ʼn kontantprys van R2 000.

Baie geluk aan Mia Burger wat met haar vakansiefoto as wenner aangewys is.

“Die dooie see in Swakopmund het ons hart vinnig gelukkig gemaak,” skryf Mia. “Dit was ʼn avontuur! Ons het mense van die grens ontmoet wat vir ons vertel het hulle hoor ons altyd eers voor hulle ons sien. Om sag te praat was nog nooit ʼn sterk punt in ons familie nie!”

Sy sê met dié foto het hulle darem probeer om saam te werk, maar hulle kan nie belowe dat jy nie ʼn gehoortoets sal nodig hê nie. “Die Burgers en Potties het Namibië die vakansie van bo tot onder uitgery. Dit was ʼn avontuur van ʼn leeftyd!”

Mia ontvang R2 000 kontant vir haar foto.

Mia Burger se wenfoto

Ons deel ook graag van die ander lesers se foto’s. Daar was pret op sandduine en in plaasdamme, rotspoele en watergate. Daar was waterballongevegte en kleilatgevegte. Sommige lesers het in die sneeu gaan speel of gaan roei. Daar is lesers wat uit vliegtuie of van kranse af gespring het. Daar is lesers wat met kamele gaan ry en ander wat met Jan Tuisbly se karretjie gery het. Daar was staptogte, familie-sametrekke en avonture met olifante, robbe en seekoeie. Daar was ook plaasvakansies en selfs ʼn verlowing of twee.

Ons wens ons kon al die foto’s met julle deel, maar uit die honderde foto’s wat ons ontvang het, kon ons uiteindelik net ʼn keur kies om te deel.

Geniet dit saam met ons en dankie vir elkeen wat hul foto’s ingestuur het!

Luzanne Visser skryf: “Ons het die vakansie by Algeria in die Cederberge gekamp. Ons het dié foto by Welbedachtgrot geneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.