Veterane ontsluit geskiedenis by militêre fees

Van links na regs: Cilliers Brink, Cassie Aucamp, Pieter Groenewald, George Meiring, Lawrence Smith en Tom Moodie. (Foto: Verskaf)

Politici soos Cilliers Brink, Tshwane se nuutverkose burgemeester, Pieter Groenewald, die leier van die Vryheidsfront Plus, is van die besoekers wat op 1 Mei ʼn draai by die tweede Pro Patria Militêre Fees (PPM-fees) gemaak het.

Die fees is by die Voortrekkermonument in Pretoria aangebied en besoekers kon verskeie aktiwiteite, uitstallings en ervarings ter viering van Suid-Afrika se militêre geskiedenis beleef.

Generaal-majoor Lawrence Smith, voorsitter van die fees, is dankbaar vir die groot opkoms by vanjaar se militêre fees.

“Met hierdie fees wil ons mense herinner aan Suid-Afrika se ryk geskiedenis. Die groot hoeveelheid besoekers wat kom saamkuier het, is ʼn teken dat die mense van Suid-Afrika steeds ʼn groot liefde en respek vir dié deel van die land se geskiedenis koester.”

Volgens Lawrence poog die organisasie om dit te vier met die PPM-museumuitstalling by die VTM én die werk wat saam met verskeie ander veterane-organisasies gedoen word.

“Dit is werklik ʼn riem onder die hart om te sien dat soveel Suid-Afrikaners steeds dié geskiedenis en die mense wat dit help skryf het, onthou en wíl vier.”

‘n Viegtuigvertoning was een van die hoogtepunte by vanjaar se Pro Patria Militêre Fees (PPM-fees) in Pretoria. (Foto: Verskaf)

Tydens vanjaar se fees kon besoekers hulle in die geskiedenis verdiep met militêre geskiedenisuitstallings, seminare en storievertellings deur veterane-organisasies. Die militêre toerusting- en voertuiguitstalling en vliegtuigvertoning was nog hoogtepunte by die fees, en oud en jonk kon hulle tande behoorlik in dié ervaring inslaan.

Henri Jansen (7), een van die jong besoekers by vanjaar se fees, was baie opgewonde om binne-in die ou voertuie te kon klim en dié indrukwekkende masjiene van nader te bekyk, en al ken hy nie die geskiedenis nie, sê hy dat hy baie geleer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Groen Ghoen ·

Geluk met ‘n wonderlike inisiatief. Hou die geskiedenis lewendig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.