Video: 4-jarige vertel jou alles van Covid-19

‘n Skermgreep uit die video.

ʼn Video van minder as 60 sekondes waarin die vierjarige Minki verduidelik wat die koronavirus (Covid-19) is, hoekom haar skooltjie gesluit is en haar pappa nou van die huis af moet werk, het reeds kykgenot vir talle Suid-Afrikaners verskaf.

Die Van der Merwe-gesin woon in Nelspruit in Mpumalanga.

Minki se ma, Helene, wat ʼn ouerskapblog, PrettyBelle, bedryf, sê hulle het Maandagmiddag op die mat gespeel en gesels toe Minki vir haar pappa, Joseph, begin vertel hoekom sy nie die volgende dag kleuterskool toe kan gaan nie.

“Ek het dit gelukkig begin afneem want ek gesien hier kom ʼn groot storie wat Minki met oorgawe gaan vertel,” sê sy.

Helene, wat ʼn onderwyser was voor haar dogtertjie se geboorte, sê sy maak nog altyd ʼn punt daarvan om met Minki te gesels en alles op ʼn eenvoudige manier aan haar te probeer verduidelik.

“Maar ek het haar beslis nie vertel dat die pizzawinkel en Spur veilig is nie. Dit het sy self besluit, hoor!” lag Helen.

Volgens haar gesels Minki reeds van kleins af graag. “Sy het begin praat voordat sy kon loop, en mense is altyd verbaas om te hoor hoe goed sy al kan praat.”

Helene het die video Maandagaand om 20:00 op haar blog en Instagram-rekening gedeel. Twee uur later is dit reeds deur 66 000 mense gekyk. Die video word tans ook op WhatsApp gedeel. Helene sê sy het van vriende gehoor die video van Minki het al so ver as die Kgaladi gaan draai.

Haar raad aan ouers is om dié tyd wat skole gesluit is, te gebruik om rustiger te wees en gehaltetyd saam met hulle kinders deur te bring.

“Almal wat ek ken was erg bekommerd oor die skole wat nou vir ʼn langer tyd gaan sluit. ʼn Mens moet egter baie versigtig wees oor hoe jy die situasie voor jou kinders bespreek want hulle hoor alles. As jy heeltyd kla oor hoe sleg dit is, kan dit jou kinders maklik laat dink hulle is net ʼn oorlas vir jou.

“Kry eerder ʼn nuwe roetine. Lees saam hulle op die mat, tof op met klere en speel, en bly positief. Jy kan vanaand ná die kinders se slaaptyd vir jou man vertel as die dag saam met die kinders uitdagend was,” sê Helene.

Everything you need to know about the coronavirus

Everything you need to know about the coronavirus – explained in just 1 minute by Little Miss Minki ???? Ps: Apparently Spur Steak Ranches are safe! ????Maroela MediakykNETNetwerk24VIA TV

Posted by PrettyBelle on Monday, March 16, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mel84 ·

Ek het dit ook vanoggend gedeel op Facebook. Dis te skattig!

madels ·

Lol! :-) hoe lekker het ek nou gelag. Sy is net te vrek oulik :-). :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.