Vier Wêreld-gedigtedag met hierdie spesiale gedigblikbekers

Boland-gedigte op vier boereporselein-blikbekers in Die Koöperasie

Op 21 Maart vier Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie, Wêreld-gedigtedag ter nagedagtenis aan N.P. Van Wyk Louw.

Dit is vanjaar 53 jaar sedert sy afsterwe in 1970. Ons dink terug aan ʼn legende en sy alombekende gedigte wat wêreldwyd aangehaal word. Van sy bekendste werk sluit in Grense, Die beiteltjie en natuurlik Raka.

“Die Versamelde gedigte van N.P. van Wyk Louw bevat poësie wat vergelyk kan word met die beste van hierdie eeu. Die onbetwisbare grootsheid van Louw se poësie onderskraag my geloof dat Afrikaans in die volgende eeu nie uitgewis sal word nie.”
– Audrey Blignault, Die Burger (1999)

Vier jou liefde vir Afrikaans met NP van Wyk Louw se Vier gebede by jaargetye in die Boland.

Die jaar word ryp in goue akkerblare,
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug…

Die vier strofes uit die gedig, VroegherfsUit hierdie ligte herfs, Winter en Eerste sneeu is elk op ʼn blikbeker van hoë gehalte wat net so mooi op tannie Hannie se geelhouttafel in die eetkamer kan pronk as om die kampvuur tydens jou volgende staptoer.

Hierdie blikbekers is ideaal vir iemand wat net so lief is vir Afrikaans soos jy en is boonop die mooiste bederf.

Klik hier om jou spesiale stel Boland-gedigte op vier boereporselein-blikbekers te koop vir slegs R360,00.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.