Wen: Bederf ma op Moedersdag met een van dié lekker geskenke!

Argieffoto (Foto: Bruno /Germany/Pixabay)

Sy is die een wat jou suksesse saam met jou vier: maak nie saak hoe klein of hoe groot nie, sy deel in jou vreugde. Sy is die een wat jou trane afvee en jou vertroos as jou planne nie vlot nie – en sy is daar om jou aan te moedig om weer te probeer. Sy is die een wat vir jou bid en net die beste vir jou wil hê.

Jou ma verdien ʼn groot bederf!

Moedersdag word vanjaar op 9 Mei gevier en ons wil jou help om dit vir haar die lekkerste dag van die jaar te maak!

Skryf in vir ons Moedersdag-kompetisie en staan die kans om een van dié heerlike geskenkpakke te wen:

  • ʼn Thule-geskenkbewys van R2 500 vir die avontuurlustige ma

Thule het al die toerusting vir vandag se moderne vrou wat graag tyd in die buitelug spandeer – en nog steeds stylvol wil lyk. Hou toerusting veilig in stylvolle skootrekenaarsakke of kies ‘n sak uit die Spira-versameling – beskikbaar in elegante kleure wat sakke en rugsakke insluit vir gerieflike dag-tot-dag gebruik. Besoek http://www.thulestore.co.za

  • ʼn Lou Harvey-geskenkbewys van R1 000 vir die stylvolle ma

Enige ma wil graag georganiseerd bly, tyd bespaar en die balans net regkry – en boonop stylvol lyk terwyl sy dit doen. Lou Harvey-sakke is in elke grootte en vorm beskikbaar, van tittewytsakkies, verkoelsakke, ʼn sakkie vir skryfbenodigdhede en soveel meer. Besoek http://www.louharvey.co.za

  • ʼn Jenewer-geskenkpak vir die ma vir wie vriendskap van onskatbare waarde is

Die Jenewer-geskenkpak bestaan uit die volgende:

  • ʼn Bottel Ginato Italiaanse jenewer
  • ʼn Bottel Bloedlemoen-jenewer
  • Ses blikkies Fever Tree-tonikum

Wat moet jy doen?

Voltooi bloot die inskrywingsvorm hier onder en laat weet ons watter een van dié geskenke die beste by jou ma sal pas. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 5 Mei 2021. Die wenners van die verskillende geskenkpakke sal betyds in kennis gestel word sodat jy jou ma op Moedersdag nog met die goeie nuus kan bederf.

Skryf nou in

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes:

  • Inskrywings vir die kompetisie sluit op 5 Mei 2021 om 23:45.
  • Drie verskillende wenners sal aangewys word, een vir elke geskenkpak.
  • Die wenners sal telefonies of per e-pos gekontak word waarna reëlings getref sal word om die geskenkbewys of geskenkpak af te lewer. Die geskenkbewyse en geskenkpak sal in die week van 10 Mei 2021 versend word.
  • Die wenners sal uit die inskrywings gekies word. Die beoordelaarspaneel se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die pryse kan nie vir kontant geruil word nie.
  • Die geskenkpak kan ongelukkig nie buite Suid-Afrika se grense gestuur word nie.
  • Die wenner moet self die geskenkbewys gebruik in die betrokke aanlyn winkel waarvoor dit uitgereik is. Enige item kan in die betrokke aanlyn winkel gekoop word. Indien die item, wat jy graag wil koop, duurder is as die geskenkbewys, sal jy self die bykomende bedrag aan die winkel moet oorbetaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.