Wen met ʼn drama oor Van Riebeeck se geskiedenis

bril-boek-handboek-geskiedenis

Argieffoto (Foto: DariuszSankowski/Pixabay)

Die stof het steeds nie gaan lê nadat Jan en Maria van Riebeeck in 1652 hul voete by die suidpunt van Afrika aan wal gesit het nie. Trouens, as ou Jan vandag nog geleef het, sou dit dalk “swaar dra, al aan die een kant” vir hom gewees het met al die bagasie wat oor die jare in sy tas gepak is.

Hoe dit ook al sy, dié geskiedkundige gebeurtenis is byna 370 jaar later steeds ʼn groot bron van inspirasie vir onder andere storiemakers en skrywers.

Daarom het die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) die Van Riebeecks se koms na Afrika as tema gekies vir sy verhoog- en radiodramaskryfkompetisie, wat in samewerking met Pretoria FM en die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO) aangebied word.

Bykomend tot die verhoog- en radiodramaskryfkompetisie bied die GHA ook ʼn inkleur-, teken- en skryfkompetisie vir laerskoolleerders aan. Jan van Riebeeck sal een van die temas vir vanjaar se GHA-digkompetisie wees.

Tekste wat ingeskryf word, moet getrou aan geskiedkundige feite wees, ʼn goeie skoot humor bevat en die verhaal moet oor die Van Riebeeck-egpaar se reis, aankoms, eerste indrukke en oorlewing in Afrika handel.

Kenteken van die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA)

Die GHA deel die volgende vrae en gedagtes as riglyn vir die inskrywings:

  • Wat was Jan en Maria se verwagtings teenoor wat hulle hier aangetref het en hoe het hulle daarop gereageer?
  • Waaroor het hulle gewonder en hoe het hulle die werklikheid ervaar?
  • Die beplanning en vestiging van ʼn handelstasie met al die uitdagings wat daarmee gepaard gegaan het en hoe dit hulle as gesin (veral die kinders) beïnvloed het.
  • Wat was die ervaring om ʼn nuwe volk en taal te ontwikkel?

Die sluitingsdatum vir die inskrywings is 31 Januarie 2022 en prysgeld ter waarde van R20 000 is op die spel. Die wenradiodrama sal in April op Pretoria FM en Maroela Media uitgesaai word en die wenverhoogdrama sal in September by die Voortrekkermonument opgevoer word.

Om meer oor die kompetisie te wete te kom, besoek die GHA se webwerf of stuur ʼn e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Skuilnaam ·

En gaan hulle ook aan die mense vertel dat Maria vir “Jan van Riebeeck” gesê het dat hy eintlik Bartholomeus Vermuyden is?

Anel ·

Ek dink hulle het ‘n masiewe skok gekry. Onthou, hulle het ‘n 2 verdieping huis gehad, wat met stene gebou was, wat vensters gehad het, in ‘n dorp wat paaie gehad het. Hulle het materiaalklere gedra, winkels en biblioteke gehad, hulle het uit ‘n eerste wêreld gekom. Toe hulle hier aanland was daar niks, soos in niks. Slegs wesens wat in velletjies rond gehol het. Ek dink ek kry Maria die jammerste, veral as vrou. Ek kan my net nie indink wat deur haar gedagtes gegaan het nie. Ek glo sy het vir Jan elke dag aangevat. Sal nogal geniet om te lees wat die jonges vir ons gaan skryf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.