Wen: Tangled Tree trap klein koolstofspoor met wynreeks

Van Loveren se pragwynplaas. (Foto: Dalene de Vente)

Die afgelope dekade is Tangled Tree, ʼn wynreeks van Van Loveren, ʼn gewilde keuse onder wynliefhebbers weens dié wyne se ekovriendelikheid en die liggewig, onbreekbare bottels waarin dit verpak word.

Tangled Tree-wyne word deur die Van Loveren-familiewynlandgoed in een van die mees biodiverse streke in die Kaapse wynland gemaak.

Die volledig herwinbare en onbreekbare PET-bottels help om die impak van klimaatsverandering te verminder deur 60% minder kweekhuisgasse te genereer gedurende die vervaardigingsproses en stel wynliefhebbers in staat om hul gunstelingdrankie te neem na plekke waar dit voorheen nie toelaatbaar was nie – plekke soos piekniekterreine en musiekkonserte.

Dit is ook ideaal vir reis, kampeer en staproetes aangesien dit minder spasie opneem, ligter is en die beste van alles – nie kan breek nie. Dié wyne inspireer swerflus: Of jy met ʼn rugsak gaan stap, op ʼn 4×4-rit wil gaan en of net ʼn piekniek hou, is daar geen risiko dat ʼn gebreekte bottel of glasskerwe die pret kan bederf nie.

Tangled Tree-wyne is op alle vlakke deur die natuur geïnspireer. In 1941 het Jean Retief, ʼn kranige tuinmaker, ʼn geharde boom van ʼn kwekery in KwaZulu-Natal bestel wat die klimaat van Robertson kon trotseer.

Toe die Rhus lancea-boom wat Jean bestel het per trein op die Klaasvoogds-stasie aankom, het plaaslike boere opgemerk dat die boom presies soos ʼn kareeboom lyk – wat redelik algemeen in die Robertson-vallei voorkom.

Haar man, Hennie, was egter oortuig dat daar geen verskil was tussen hierdie boom en die gewone kareeboom wat langs hul rivier groei nie.

Hy het ʼn steggie van die kareeboom langs haar boom geplant en sedertdien het die identiese bome ineengestrengel geraak en dien vandag as simbool van hul liefde vir mekaar. Die Retief-familie is vandag nog aan die stuur van sake van die Van Loveren-wynlandgoed.

Die boom word op die etikette van die wynbottels uitgebeeld. Die etikette is speels en kleurvol en die kleurprofiele dra by tot die geure van die wyne.

Die eikehout-verouderde Chocolate Cabernet Sauvignon bederf die palet met heerlike sjokolade- en mokkageure wat elegant met cassis en swartbessies afgewissel word.

Die Spicy Shiraz sal jou skaamteloos verlei met sy ryk, sterk rooibessie-siel. Die speserye op die palet is goed geïntegreerd en egalig, terwyl die goed gestruktureerde tannien jou sal beïndruk.

Die Moscato Rosé, gemaak van 100% muscat de frontignan-druiwe, is ʼn romantiese pienk, aromatiese wyn met ʼn wulpse neus wat aan roosblare herinner.

Die Butterscotch Chardonnay, ʼn liggehoute, medium‑droë witwyn, bederf met aromas van botterkaramel en crème brûlée, gebalanseer deur ʼn subtiele vrugte-intensiteit.

Die fris en vrugtige Tropical Sauvignon Blanc het oorvloedige geure van tropiese vrugte soos koejawel, spanspek en appelliefie – voorwaar ʼn wyn vir enige geleentheid.

WenDrie gelukkige lesers kan elkeen een gemengde kis van 12 bottels (750 mℓ) Tangled Tree-wyne, asook een gemengde kis van vier 3 ℓ-bokswyne, ter waarde van R1 380, wen. Al wat jy moet doen, is om jou besonderhede in die kompetisievorm onderaan hierdie artikel in te vul.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Sondag 2 Oktober om middernag.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit Sondag 2 Oktober om middernag.
  • Die wenners sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind waarna Maroela Media per e-pos en/of telefonies met die wenner in verbinding sal tree.
  • Sodra die wenner gereageer het, sal die persoon se naam op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die prys(e) sal direk van die verskaffer aan die wenners gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Stephen ·

Was laasweek op verskeie wynproe ekskursies. Hierdie storie is vir my net so belaglik soos die sommelier se “flowery” beskrywing van die verskillende geure in die wyn.’ Al wat ek proe is bees poef, gras en druiweskille.
Goed genoeg vir my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.