Wenners van die Moedersdag-geskenkbewyse van R2 500 aangewys

Silverline Jewellery (Foto verskaf)

Twee Maroela-lesers het die kans gestaan om vir Moedersdag elkeen ʼn geskenkbewys van R2 500 te wen by Silverline Jewellery!

Baie geluk aan Didi Jansen van Vuuren van Mosselbaai en Rudi Kraft van Lydenburg wat elkeen met een van dié wonderlike geskenkbewyse wegstap.

Silverline Jewellery

Elke donker wolk het ʼn silwer randjie. Dít is die filosofie by Silverline Jewellery. Eienaar Andries Cornelissen en sy span verkoop nie juweliersware nie; hulle verkoop glimlagte, vreugde en selfvertroue.

Buiten die standaard sterlingsilwer-items soos kettings, seëlringe, armbande en gewone silwer ringe, gaan soek Andries ook unieke ontwerpe om te voldoen aan elke smaak en prysklas. Dit sluit ringe en oorbelle in, asook armbande met natuurlike stene soos granaat (“garnet”), oniks (“onyx”), kornalyn (“cornelian”), opaal, topaas (“topaz”) en ander in.

Silverline Jewellery, geleë in die Brooklyn Mall in Pretoria of loer in op hul Facebook-blad, het ook ʼn verskeidenheid pragtige varswaterpêrels in ringe, armbande en halssnoere.

Daar is meer as 60 verskillende ontwerpe en groottes hoepel-oorbelle in die winkel: of jy nou hou van groot hoepels wat die koppe laat draai, of kleintjies wat jou uitrusting afrond, jy sal dit by Silverline Jewellery kry – en boonop teen ʼn uitstekende prys.

“Ons verkoop eerder twee stelle oorbelle teen ʼn goeie prys as een stel teen ʼn buitensporige prys. Ons wil hê ons kliënte moet opsies hê – en weer terugkom om nog pragstukke te koop,” sê Andries.

En as ons dit nie het nie, dan kry ons dit. Of dit nou ʼn bepaalde ringgrootte is, juweliersware wat herstelwerk benodig of gravering wat vir ʼn spesiale geleentheid gedoen moet word, Silverline Jewellery stap altyd die ekstra myl.

Silverline Jewellery se personeel is ook opgelei om oorgaatjies te skiet.

“Ons wil altyd ʼn glimlag op ʼn kliënt se gesig sien. Dit is ook vir ons belangrik om na ons kliënte te luister, want dit help ons om presies die regte items in die winkel te hê. Ons het ook ʼn uitgesoekte reeks ringe, kettings en armbande vir mans,” voeg Andries by.

Vir die jonger dames en meisies is daar ook altyd iets wat blink. Silverline Jewellery het ʼn uitgesoekte reeks seëlringe, kettings en oorbelle vir meisies, asook doopspelde en -armbande vir babas.

Daar is gereeld unieke nuwe items in die winkel. Jy kan op hul Facebook-blad loer of Silverline Jewellery self besoek as jy by Brooklyn Mall is om verras te word deur die verskeidenheid.

Gloria, Loice en Estelle maak boonop altyd seker kliënte vind presies die regte item; of dit nou vir jouself, of as bederf vir iemand spesiaal is, Silverline Jewellery het net die regte geskenk vir jou.

Loer dus gerus in by Silverline Jewellery en sit ʼn silwer randjie aan enige donker wolk.

  • Silverline Jewellery is geleë in winkel 102 in die Brooklyn Mall-winkelsentrum in Pretoria. Bly op hoogte op Facebook by Silverline Jewellery South Africaof skakel 012 346 0491 vir enige navrae. As jy iets mooi op die Facebook-blad sien kan jy navraag doen vir bestellings buite Pretoria per e-pos by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.