Matriek-video 2018: Nicola wil pediater word

Hoërskool Centurion se oud-hoofdogter stap haar toekoms met sewe onderskeidings tegemoet.

Nicola Janse van Rensburg sê met al haar verantwoordelikhede en buitemuurse aktiwiteite was dit ʼn groot uitdaging om genoeg aandag aan haar akademie ook te gee. Tog glo sy dat hoe meer sy doen, hoe meer kry sy gedoen. Haar redding was om lysies van al haar pligte te maak. Sy werk elke dag daaraan om ʼn beter weergawe van haarself te wees.

Nicola gaan medies aan die Universiteit van Pretoria studeer en droom daarvan om eendag in pediatrie te spesialiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae