Gedagte vir die dag: Aanbidding rangskik my lewe in die regte volgorde

bid_hande_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

As almal profeteer en daar kom ongelowiges of onkundiges in en hulle word deur almal oortuig van sonde, en hulle lewens word deur almal ondersoek, en hulle hartsgeheime word blootgelê, dan sal hulle net daar op hulle knieë val en God aanbid en verklaar: “Werklikwaar, God is hier by julle!” (1 Korintiërs 14:24-25)

Aanbidding sê iets oor waardes. As ek iets of iemand aanbid, is dit om dat dit of die persoon vir my onbeskryflik kosbaar is. Niks skuif bokant dit of bokant hom of haar in nie. Daarom vra God in die groot gebod liefde vir Hom bo alles, en in die eerste van die Tien Gebooie dat geen ander gode aanbid mag word nie. Daarom is gereelde stiltetyd en aanbidding nodig. Dit hou my prioriteite  lewendig.

Dit is vir my nodig om my hoogste prioriteit in woorde en hardop uit te spreek. Anders skommel die dag se gebeure my waardes deurmekaar en kort voor lank is my selfoon of kar of ekself boaan my lewenslys. Aanbid God nou om jou lewe van verkeerdom, van omgekeerdheid te red.

Lees 1 Korintiërs 14:24-25. Spreek jou oortuigings hardop uit.

Bron: Elke dag saam met God deur Henk Gous
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.