Die mense sal sê: Daar is tóg ’n beloning vir die regverdige, daar is tóg ’n God wat reg op die aarde laat geskied! (Psalm 58:12)
In hierdie psalm vaar Dawid uit teen slegte, korrupte en gewelddadige mense. Hy bid dat God hulle sal straf en gee dan sommer ’n klompie voorstelle van wat God met hulle moet doen. Hy vra sommer dat die bloed sal loop! Ai, Jesus het ons eintlik anders geleer, maar uitsprake soos hierdie het gespruit uit ’n sterk gevoel van reg en geregtigheid. Slegte mense kan tog nie met hulle dade wegkom nie, of hoe?
Wonder jy ook daaroor? Neem kennis: Natuurlik is God nie ’n God wat slegte mense sommer laat wegkom nie. Waar dit gebeur, verval die hele konsep van geregtigheid. Sou ons in ons howe elke skuldige net laat loop? Nooit! Nee, die volle straf is uitgedeel aan Christus en geregtigheid het dus ten volle geskied. Dié wat dit in geloof aanvaar, kan volle vrywaring ontvang. Dus: Daar ís ’n God wat reg laat geskied. Daar ís beloning en daar ís straf. Los jou sake maar by Hom, want Hy weet wat Hy doen.
Ewige Regter, U sal my saak ook heeltemal regverdig hanteer. Ek laat dit nou by U. Amen.
Amen ja verseker..daar is n God.
Amen !
Amen. Dankie Maroela Media ook vir die daaglikse gedagte wat mens net inspireer.
As my nie in daai God, te wete YHWH, die Elohim van alle tye glo nie, is jy ‘n donkie.
Dan het jy nog nie jou kind aan die dood af gestaan nie. Eers dan sal dit vir jou voel daars geen God nie. Het jy asb enige raad hoe om die geloofs pad terug te kom?
Seker so: “As jy…”
A! Dis beter!
Tannie Hettie, ek kan my nie regtig indink in jou smart nie want ek het nog nie ‘n kind afgestaan aan die dood nie. Ek besef dit moet baie swaar wees en ek bid vir jou vir aanvaarding. Die aarde behoort aan satan en daarom kon hy met JesusOnderhandel na Jesus se doop. Satan is die een wat smarte oor ons bring maar Jesus kry die skuld vir satan se optrede. Ons kinders en alles wat ons besit word aan ons geleen, dit is nie ons sin nie. Wees dankbaar vir wat jy steeds het. Kom terug na die Here en weet dit, Hy het jou lief en weet van jou. Hy ken jou smarte. Hy veroorsaak nie aardverwarming nie, ook nie oorstromings en droogtes nie. Glo dat God in beheer is, ook van alles wat met jou gebeur. Ons leef in die eind tye soos in die Bybel beskryf. Dinge gaan beslis nie beter word nie maar gaan terug na die Bybel en ontdek opnuut jou Skepper. Ek dink aan jou.