Gedagte vir die dag: Die Gees van gebed

(Argieffoto: Pixabay)

Die Gees pleit volgens die wil van God vir die gelowiges. (Romeine 8:27)

Ek kan in stilte voor die Here kniel en vertrou dat sy Heilige Gees my sal leer bid. Die Heilige Gees is die Gees van gebed. Dit is God se werk in my. Wanneer ek hieroor nadink, behoort ek ’n verwagting te hê dat die Gees my in my swakheid sal bystaan en vir my bid met versugtinge wat nie verwoord kan word nie.

Gebed is die werk van die drie-enige God: die Vader wat die begeerte in my wek en my alles gee wat ek nodig het; die Seun wat my deur sy intersessie leer om in sy Naam te bid; en die Heilige Gees wat my in my swak begeertes sal versterk. Die Gees is uit die hemel geskenk om in my hart te bly en my te leer bid.

Bron:  Die Goddelike Geheim deur Andrew Murray
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.