Gedagte vir die dag: Die Wonderwerker

arms_uitgestrek_berg_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek is die Here en daar is geen ander nie. Daar is geen ander God as Ek nie. Ek maak jou sterk, al erken jy My nie eens nie. Dan sal die wêreld van die ooste tot by die weste weet daar is geen ander God as Ek nie. Ek is die Here, en daar is geen ander God nie. – Jesaja 45:5-6  

Sommige mense dink ons dien almal dieselfde God. Dit is egter nie waar nie. Die verskil tussen ander gode en die God van Abraham, Isak en Jakob is dat Hy ’n Seun genaamd Jesus het. Ander gelowe het dit nie. En die Naam van Jesus Christus is “Die Wonderwerker”.

As jy Israel toe gaan en die graf besoek waar hulle ons Verlosser begrawe het, sal jy sien dit is leeg. Daar is geen beendere nie. Jy kan na ander gelowe kyk en hulle sal vir jou ’n graf wys waar die beendere netjies toegedraai is. Ons God se graf is leeg. Hoekom? Omdat Hy nie dood is nie, maar lewe.

Baie jare gelede het ek in ’n volgepakte kerk in Durban gepreek. Gedurende die diens het ons ook vir die siek mense gebid. Een van die mans wat daar was, het vir my gesê hy kan nie hoor nie. Daarom het ek hom vorentoe geroep en vir hom gebid. Ek het vir hom gesê om omtrent 50 meter weg te staan en om te draai. Ek het na hom geroep en hy het dadelik omgedraai. God het daardie man genees.

God is die groot Wonderwerker, en Hy het jou baie lief!

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here my God, ek bid Here vir n siek land vir n siek regering, hulle besef nie hoe siek hulle is nie, raak hulle aan maak oop hulle siek ore en siek oe , in die Heilige Naam van Jesus Christus my Verlosser… Help my Here om deur U oe te kyk…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.