Gedagte vir die dag: Doelwitte

pad-vrou-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

’n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop. (Spreuke 16:9, Bybel in Afrikaans 1983/1992)

Jy het dalk talle doelwitte vir uiteenlopende areas van jou lewe (ook daardie nuwejaarsvoornemens wat jy gemaak het), maar jou hoofdoelwit behoort te wees om God te volg. Jy weet nie wat die jaar wat voorlê oor jou pad sal bring nie, maar as die Here jou voetstappe bepaal en jy sy leiding volg, kan jy seker wees dat jou lewe ’n doel sal hê. Wanneer jy jou oë op jou hoofdoelwit hou, sal jy nie wegdwaal van God nie, wat ook al in die jaar gebeur.

Watter tipe doelwit sal dit verg om te sorg dat jy elke dag naby aan God bly wandel?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.