Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Sondag gesê meeste Suid-Afrikaners sal eers teen die einde van 2021 ingeënt kan word teen Covid-19.
Lees meerAlles vir Sondag 3 Januarie 2021
Covid-19: Brittanje stry of skole moet oopmaak
Die Britse eerste minister Boris Johnson het Sondag gesê hy het “homself met die vooruitsig van strenger regulasies versoen” om die verspreiding van Covid-19-gevalle in sy land te bekamp, terwyl daar tweespalt is oor of skole weer moet oopmaak.
Proteas het die hef in die hand op Wanderers
Vurige Nortjé laat Sri Lanka bontstaan, terwyl Elgar se wilgerlat die praatwerk doen.
Boekresensie: Onder een dak
Dana Snyman deel in “Onder een dak” 100 van sy ou en nuwe stories. Louise Viljoen meen die boek moet “proe-proe gelees word”. Dit is nie een van daardie boeke wat jy gryp en in een aand wil verslind nie.
Luister na ‘Baster’ deur Jan Vermeulen
“As kind het ek baie gesprekke met my honde gehad en ek glo tot vandag hulle het my verstaan en op hul eie manier geantwoord.” Luister hier na ʼn voorlesing uit ‘Baster’ deur Jan Vermeulen.
Nuwejaarsboodskap: Glo, vertrou op God in 2021
Dalk is jou huweliksmaat onlangs dood, miskien moes jy jou onderneming sluit of dalk gaan dit finansieel swaar. Maak nie saak waardeur jy gaan nie, God is met jou. Plaas jou geloof en vertroue op Hóm.
Man verdrink by Hermanus
ʼn Man het Saterdag by Fick’s Pool by Hermanus in die Wes-Kaap verdrink.
Cele-video is vals nuus, sê SAPD
ʼn Video wat op sosiale media versprei word van polisieminister Bheki Cele by ‘n partytjie, is nie op Oujaarsaand in 2020 geneem nie, het die ministerie van polisie gesê.
Drie in PE vas oor perlemoen
Drie persone is Sondag in die vroeë oggendure in die Cape Recife-gebied in Port Elizabeth in hegtenis geneem vir die oortreding van die Wet op Mariene Hulpbronne.
Larry King (87) in die hospitaal opgeneem
Die veteraan geselsprogramaanbieder Larry King (87) is in die hospitaal opgeneem met Covid-19, berig Amerikaanse media.
Buskruit en Laventel: ’n Kultuurspens van gister
Sewe maande later as wat ons aanvanklik wou, vanweë Covid-19-inperkings, draai ons by die plaashekke in waar Nico Moolman sy museum Buskruit en Laventel net buite Utrecht, in KwaZulu-Natal, ingerig het. Die opwinding en verwagting is groot, want dis my eerste besoek aan dié unieke plek waaroor ek al soveel gehoor en gelees het.
Brei vroetelmoue vir demensie- en alzheimer-pasiënte
Vroetelmoue help om pasiënte se rusteloosheid te verminder en voorsien ook ure se stimulasie en pret.
Pak jou tas vir ’n vakansie soos min by Winterton
Om aan die voete van die Drakensberge in KwaZulu-Natal te kuier terwyl die pieke hoog bo jou uittroon, is ’n ware voorreg, glo Maryke Roberts.
Vuurwapens gevind ná inbraak op plaas
Ses mans is in hegtenis geneem in verband met verskeie oortredings wat strek van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en roof tot poging tot moord.
Luister: Griekwagebed – Psalm 23
“Die Jirre is my skawagter wat my nou innie dradewerke wan sy proewe hou.”
Maroela Media se 10 gewildste vermaak-artikels vir 2020
Hierdie tien artikels is in 2020 die meeste gelees op Maroela Media se vermaak-portaal.
Maroela Media se 10 gewildste tegnologie-artikels vir 2020
Hierdie 10 artikels is in 2020 die meeste gelees op Maroela Media se motor- en tegnologie-afdeling.
Maroela Media se 10 gewildste goeienuus-artikels vir 2020
Hierdie 10 artikels is in 2020 die meeste gelees op Maroela Media se goeienuus-portaal.
Hopkins-kragtoer in demensie-fliek besorg hom dalk ʼn Oscar
Soos wat hy die kloof tussen onafhanklike volwassene en bang kind skets, voeg sy ryk en emosionele toneelspel elemente van weerloosheid en afgryse by die rolprent.
Covid-19: DA se aksieplan om entstof te bekom
“Die tyd het aangebreek dat die parlement ook ʼn ad hoc-komitee van die nasionale vergadering aanstel om spesifiek die entstof-program in Suid-Afrika te hanteer.”