Gedagte vir die dag:  Duisende engele  

son_hoop_wolke_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die skitterende strydwaens van God was duisende, duisende der duisende, toe die Here van Sinai af die heiligdom betree het. (Psalm 68:18)

Hierdie psalm gaan oor God se grootheid en oorwinning. In die geloof sien Dawid God se hele leërskare: duisende en duisende engele op strydwaens, skitterend en sterk. Hy sien hoe hulle God begelei toe Hy Sion – die tempelberg in Jerusalem – betrek as sy woning. Hy sien dit as ’n groot triomftog, met krygsgevangenes, mense wat geskenke bring en baie lof, natuurlik. Daardie wete laat Dawid veilig voel. Dit laat hom juig.

Ons kan ook maar ’n bietjie ons geloofsoog gebruik. Ons kan ook maar die ontelbare engele sien waarmee die Here sy planne uitvoer, want hulle bestaan en werk is ’n algemene Bybelse waarheid. Ons kan ook veilig voel in die vertroue dat hulle by ons is en ons beskerm en  help in opdrag van God. Ja, jy kan ook vandag weet dat daar hemelwesens by jou is – sterk, insigvolle, heilige, geestelike wesens wat 100% vir jou is, wat jou groei en jou belange op die hart dra. Ja, juig maar daaroor!

Heerlike Here, ek vind inderdaad troos in u krag en heerlikheid, en in u engele om my. Amen.

Bron: Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Maria ·

wow! sal so wondelik wees om in geeslike oe kan sien laat in my gebeur u wil.

Elize ·

Here ek glo en vertrou more 11 uur onderhoud wat gaan maak Dat ek by kind en ouers uitkom Here ek het U nou Meer nodig as ooit asb Vader ek moet glo en vertrou maak my rustig

Hennie ·

Liewe Elize. Ons bid dat die Here jou gebede sal verhoor. Laat weet asb vir ons as jy more enige nuus het. Ons God is so groot en so sterk en Almatig. Daars niks wat ons God nie kan doen.

Elize ·

Dankie aan ALmal se gebede ek Sal sodra ek weet of ek aanvaar is Sal ek beslis laat weet dankie ek moet dit kry ek mis my kind en ouers . Dankie

Mari ·

Hallo Elize. Het heeldag gebid en aan jou gedink. Hoe het dit met die werks onderhoud gegaan?

Gerhard Smit ·

Hi Elize gebruik Hebreurs 11 vers een sien jou self in die werk sterkte en dankie Abba Vader dat U gebede verhoor

Elize ·

Dankie ALmal se gebede behoort seker volgende 2 Dae te weet maar ek moet glo en vertrou dit het so goed gegaan glo my daar was goed wat gebeur om te verhoed sodat ek Skype onderhoud op die regte tyd Mos begin dis amper om moontlik om mense te verduidelik maar ons Dien Groot God Hy het my rustig gemaak en my gehelp en ek is dankbaar God is Groot en n Groot werklikheid ek gaan by my kind en ouers uitkom ek moet dit glo want ek mis my dogter en ouers so erg ek wil haar net weer vas hou en se Alles gaan OK wees Jesus het ons gehelp deur hierdie see ons moet net glo en vas hou dankie liefte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.