Gedagte vir die dag: Eer Hóm!

man_uitgestrekte_arms.jpg

praisethelord.com

Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom toe die eer op grond van u liefde en u trou. (Psalm 115:1)

Ons het elke dag ’n keuse: om God te eer of onsself. Ons kan hard werk om ander in Jesus se Naam te dien of ons kan ons eie sukses najaag. Ons kan ons kinders leer om God se Woord te gehoorsaam, of ons kan hulle aanmoedig tot prestasies waarmee ons ons eie beuel kan blaas. Ons kan gesonde keuses maak om te sorg vir die liggame wat God vir ons geskep het, of ons kan probeer om vir ander aantreklik te lyk. Ons kan ons huis inrig om liefdevolle gasvryheid te betoon of om die bure te probeer beïndruk. Alles wat ons doen, is ’n geleentheid om die Here te loof of aandag vir onsself te soek.

Hoe kan julle vandag die Here met julle lewens eer? Vrygewigheid, deernis, nederigheid en onbaatsugtigheid openbaar Hom aan almal wat julle ken. Dankbaarheid vir sy gawes vertel vir ander van sy trou. Julle vreugde en vrede gedurende moeilike tye getuig van sy standvastige liefde. Wanneer julle julle vyande vergewe, skilder dit ’n prentjie van God se groot genade. Julle planne en prioriteite wys wat vir God se hart belangrik is.

Elke talent, besitting en prestasie is ’n geleentheid om God se Naam groot te maak. Gee aan Hom die eer in alle dinge.

Here, wys vir ons hoe ons u Naam kan grootmaak in alles wat ons doen. Daar is geen einde aan u liefde en trou nie – mag U elke dag deur ons verheerlik word. Amen.

Bron:  Mnr & Mev – 366 oordenkings vir egpare deur Rob & Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jan Seerot ·

Daar is net één God.
Één Verlosser.
Ek skaam my nie vir Jesus nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.