Gedagte vir die dag: Biddende denke

(Argieffoto: Pixabay)

“Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.” (Romeine 12:2)

Skrifgedeelte
Romeine 12:2 (NLV)

Oordenking
ʼn Mens se hele wese moet betrokke wees in gebed – jou hele lewe, hart, geaardheid en gedagtes.

Wanneer jy bid, moet jou denke ook betrokke wees. Eerstens dink ʼn mens oor gebed. Ons denke leer ons wat ons veronderstel is om te bid. Wanneer jy ernstig nadink voor gebed, berei jou denke jou voor om die genadetroon te nader.

Jou denke gaan altyd gebed vooruit, want dit bepaal wat jy in gebed gaan vra.

Gebed

Here, wanneer ek na u genadetroon toe kom, wil ek myself volkome vir U gee – liggaam, denke en siel. Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here dankie vir die genade wat U my bied, U wat my beter ken as wat ek myself ken…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.