God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig. U het my met krag omgord vir die stryd, U het my teëstanders voor my laat swig. (2 Sam 22:33, 40)
In die verhaal van Gideon maak Gideon ’n weermag van 40 000 manne bymekaar. Tog sê die Here dit is te veel en verminder die manne tot 300. Hoekom doen Hy dit? Sodat almal kan sien dat Hy die Een is wat die oorwinning behaal. Gideon hoor self hoe een van die soldate van die vyand vertel van sy droom waarin hy sien hoe God hulle uitwis.
Weet jy wie is die God wat in jou hart bly? Weet jy wie is die Heilige Gees wat in jou is? Weet jy wat beteken die bloed van Jesus wat oor jou is? Ek dink die meeste van ons weet nie. Die meeste van ons is so vasgevang in ons kultuur en in ons tyd dat ons nie eens besef ons het reeds die krag in ons om mans en vroue van God te word nie.
As jy glo wie die God is wat in jou is, word jy outomaties van die binnekant af ’n buitengewone mens. Gebruik sy krag – dit is daar tot jou beskikking.
Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy