Gedagte vir die dag: God se drome

Argieffoto (Foto: Yoal Desurmont/Unsplash)

“Ek ken jou nog voordat jy gevorm is in die skoot van jou moeder” (Jeremia 1:5).

Skrifgedeelte
Jeremia 1:5

Oordenking
God droom, en Hy droom groot. Hy droom oor ’n nuwe wêreld, een waar sy wil geskied. Hy droom oor ’n samelewing waar haat tweede kom en onreg verloor. Hy droom oor die armes wat genoeg kos het om te eet en oor eensame mense wat versorg word. Hy droom oor mense wat veilig saamwoon en vir mekaar lief is. Hy droom oor hoe sy koninkryk oor die aarde versprei soos ’n veldbrand en miljarde mense voor Jesus buig. Hy droom oor mense wat sy skat in die veld ontdek, soos Jesus in Matteus 13 vertel, en dan alles opgee om dit in die hande te kry.

God droom nuwe drome. En hier is die goeie nuus – jý het ’n prominente plek in God se drome. Hy het aan jou gedink toe Hy groot gedroom het oor mense en sy skepping. Hy wil jóú gebruik om sy drome ’n werklikheid te maak. Jy moet dadelik aanmeld vir diens. Hy sal vir die res sorg.

Die Here sal sorg dat daar strome lewende water uit jou vloei. Hy sal jou gebruik om die lewe van dié om jou aan te raak. Hy sal sy drome vlerke gee in en deur jou lewe.

Waarvoor wag jy!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.