Gedagte vir die dag: Goddelike genade

Argieffoto (Foto: Debby Hudson/ Unsplash)

“Wees vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.” (Efesiërs 4:32)

Skrifgedeelte
Efesiërs 4:32

 

Oordenking
Die genadehart van Jesus klop warm vir sy sondige kinders vandag. Dié wat ’n rooi kaart van die godsdienstige leiers ontvang het, is aan die bopunt van sy genadelys.

Dink maar aan die sondige vrou in Lukas 7. Sy het haar trane van Jesus se voete afgevee met haar hare, nadat sy ongenooid by ʼn ete ingebars het waar Jesus die eregas was. Terwyl die vromes van verontwaardiging gestik het oor die feit dat Jesus haar sonde vergewe het, het sy die mooiste woorde ooit gehoor: “Jou geloof het jou gered; gaan in vrede.” Geen wonder die godsdienstige leiers het Jesus laat doodmaak nie. Hulle kon dit nie verdra dat Jesus God se goedheid sommerso vir mense soos sy gegee het nie.

Die genade wat Jesus gee is nie goedkoop nie – dit is heeltemal gratis. Maar dit is presies hoe Jesus is, selfs vandag nog. Jy is altyd welkom in sy teenwoordigheid, ongeag hoe ver jy geval het. Sy hemelse genade is altyd vir jou beskikbaar. Jy moet net vra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.