Gedagte vir die dag: Gryp God aan

Argieffoto (Foto: Jon Tyson/Unsplash)

“Word wakker! Waarom slaap U, Here? Staan op! Moenie ons vir altyd verstoot nie! Hoekom kyk U anderpad? Hoekom kyk U verby ons ellende en verdrukking?” (Psalm 44:24-25)

Skrifgedeelte
Psalm 44:24-25

Oordenking
Sjoe, maar dit is reguit woorde wat aan God gerig word: Waarom slaap U, Here? Staan op! Moenie ons vir altyd verstoot nie! Hoekom kyk U anderpad?

Sal ons met mekaar so reguit, so hard praat? Dalk as ons daartoe gedryf word, nè – en dit is juis die punt. Die antieke mens was ʼn reguit mens. Hy kon nie sy emosies wegsteek nie – dit het sommer uitgeborrel. Ook sy verhouding met God is baie prakties, persoonlik en intens beleef. Ons skram dikwels so weg van diep belewing dat ons met amper geen verhouding nie eindig. Waarom is ons so halfhartig? Het jy nood? Gryp God aan! Dis die les wat ons kan leer: volle oorgawe, volle betrokkenheid, diep verhouding.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.