Gedagte vir die dag: Jou grootste kritikus

Argieffoto (Foto: Debby Hudson/ Unsplash)

“Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees” (Psalm 118:24).

Skrifgedeelte
Psalm 118:24

Oordenking
Ons is so dikwels te krities op onsself. Ons fokus te dikwels net op ons foute en mislukkings. Gister se foute steel al vandag se vreugde. Is dit vir jou moeilik om jouself te vergewe? As jou antwoord ja is, moet jy dalk daaraan dink om Klaagliedere 3:22-23 jou daaglikse leuse te maak. Hierdie lewensveranderende woorde het hulle ontstaan gehad in die donker tyd net ná die Babiloniese ballingskap en die Israeliete teruggekeer het na ’n vernietigde Jerusalem. Luister: “Die Here hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op U ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut.”

Vergeet van gister se foute. Weet dat God se liefde elke dag nuut is. Vandag is ’n nuwe dag in God se koninkryk. Al jou mislukkings van die verlede is uitgevee deur die kruis van Jesus Christus.

Sien vandag se geskenk van hemelse genade raak. Jy kán van elke dag ’n sukses maak!

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.