Gedagte vir die dag: Ook ná Kersfees is Hy daar

Argieffoto (Foto: Jalen Hueser/Unsplash)

“Ja, jy sal elke dag oorlaai word met God se goedheid” (Lukas 18:30a).

Skrifgedeelte
Lukas 18:30a

Oordenking
ʼn Skrille kontras. Dit is hoe die winkels lyk in die dae vóór en ná Kersfees. Dit is asof almal nou gevlug het van enigiets wat hulle dalk kan oorreed om nóg geld uit te gee en nóg te eet. Ongelukkig is dit mos ook nou asof die hoop wat voor Kersfees opgebou het, plek gemaak het vir ʼn gevoel van leegheid en verlatenheid. Daar lê immers weer ʼn hele jaar voor waarin ons van voor af ons dagtaak moet aanpak, aan ons gesondheid en fiksheid behoort te werk, in ons verhoudings wil belê, meer wil spaar en regtig wil probeer om beter te lewe. En in hierdie strewe voel ons nogal eensaam. Ons weet immers dat die uitkoms van baie dinge in ons eie hande lê en dat dit opoffering, harde werk, doelgerigtheid en deursettingsvermoë gaan vra.

Gelukkig hoef kinders van God nie een van hierdie dinge alleen aan te pak nie, want ons is nie alleen nie. Ons het ʼn liefdevolle Vader wat ons ken en verstaan, presies weet wat in ons harte aangaan, en wat ons in alles wil help. Wat saam met ons die pad van die lewe wil loop.

  • Hierdie oordenking verskyn in Net soos jy is deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.