Suid-Afrika het net drie dae nodig gehad om Indië met ʼn beurt en 32 lopies te verrinneweer. ʼn Fotoalbum van Dean Elgar se finale toets in Centurion behoort ʼn ereplek op sy koffietafel te kry.
Lees meerAlles vir Donderdag 28 Desember 2023
Hoedspruit-families soek antwoorde, stel private speurders aan
“Alles is ’n gemors en baie deurmekaar. Ons Kersdag gaan nooit dieselfde wees nie, en al waarvoor ons nou kan hoop, is om antwoorde te kry.”
‘Veediefstalsindikaat-leier’ kry borgtog, maar steeds agter tralies
“Ek is uiters dankbaar dat Kenosi tog in aanhouding bly, maar dit is absoluut skokkend dat ʼn persoon wat van poging tot moord aangekla word – en deur talle ander aanklagtes in die gesig gestaar word – borgtog van R5 000 toegestaan word.”
2023: Internasionale laagtepunte en hoogtepunte
In 2023 het ons steeds die tekens van ʼn vinnig veranderende wêreld waargeneem. Daarby was 2023 ’n moeilike jaar op die wêreldtoneel.
V&A se vuurwerkvertoning gaan eers voort
Daar is egter nog ʼn kans dat ʼn hof die V&A se planne in die wiele kan ry nadat die Kaap die Goeie Hoop-dierebeskermingsvereniging (DBV) aansoek om ʼn dringende interdik in die hooggeregshof in Kaapstad gedoen het om die vuurwerkvertoning te stuit.
Vyf mites oor sonroom
Daar is steeds ʼn handjievol mites oor hoe om strawwe sonstrale te vermy, veral gedurende die Desembervakansie wanneer sonsoekers in hul hordes afsit strande toe om in die son te bak.
Amalia-moord: Familie kans ontneem om Kerswens te stuur
“Nou moet ek jou groet met ʼn koue lyf! Jou bloed roep uit pappa, jy het dit nie verdien nie! Jy en soveel ander boere!”
26 renosterkarkasse op plaas gevind: ‘Dit het soos ʼn abattoir gelyk’
“Die plek het soos ʼn abattoir gelyk. Oral waar jy gekyk het, het renosters dood gelê.”
Nog verligting in nuwe jaar by petrolpomp verwag
Ten spyte van die wisselvallige rand en kommer oor skeepsroetes in die Rooisee, sal plaaslike brandstofpryse steeds na verwagting volgende week daal.
17-jarige tydens rooftog geskiet
Slegs ʼn selfoon is gedurende die rooftog gebuit.
Terugblik op moeilike jaar in motorfietsbedryf
Hoewel 2023 maar swaar was vir ons bedryf, stroom die nuwe modelle steeds in, en ek sien vreeslik uit na al die nuwelinge wat op ons bodem gaan land
SA se diamante: ’n skitterende of troebel storie?
Die nuus van dié ontdekking het soos ʼn veldbrand versprei, en teen 1870 was meer as 10 000 delwers van alle kleure en nasies op die Vaalrivier se walle aan’t soek na die kosbare klippies.
Vryheid word gebou, nie geëis nie
In die onderhandelinge wat tot die huidige Suid-Afrikaanse Grondwet aanleiding gegee het, was selfbeskikking ʼn netelige kwessie. Nie net selfbeskikking nie, maar die basiese idee van minderheidsregte was vir die ANC ʼn doring in die vlees.
Tien dood, nog 13 vermis in KZN-vloede
Tien mense is dood en nog 13 word vermis ná swaar reën oor die feestyd aanleiding gegee het tot verwoestende vloede in Ladysmith.
Gemiddelde SA’ner armer in 2023
Ekonome is dit eens dat die Suid-Afrikaanse ekonomie vanjaar veel meer laagtepunte as hoogtepunte beleef het.
Vyf resepte om die nuwe jaar mee af te skop
Dit is amper tyd om fees te vier. Berei hierdie geregte voor om 2024 op die regte manier te betree.
Baaise eiendomsagent dood in motor gevind
“Sy het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad, ʼn snywond aan haar keel en ʼn tou om haar nek.”
‘Sarafina!’-vervaardiger dood in ongeluk
“Met die afsterwe van dr. Mbongeni Ngema het Suid-Afrika een van sy groot dramaturge, komponiste, liriekskrywers, regisseurs en musikante verloor. Dr. Ngema se werk is in Suid-Afrika en internasionaal gevier.”
Gedagte vir die dag: Ook ná Kersfees is Hy daar
“Ja, jy sal elke dag oorlaai word met God se goedheid” (Lukas 18:30a).