Gedagte vir die dag: Sien die kwartels

Argieffoto (Foto: Sixteen Miles Out/ Unsplash)

“Die Here het toe ’n wind laat opsteek wat voëls wat bekend was as kwartels van die see se kant af na die kamp toe gewaai het” (Numeri 11:31).

Skrifgedeelte
Numeri 11:31

Oordenking
Daar is tye in ons almal se lewe wanneer ons, net soos die Israeliete van destyds, siende blind vir God se genade is. Dit is die tye wanneer ons óf probeer om op ons eie te oorleef óf toelaat dat die wêreldse dinge ons van Hom laat vergeet. Ander kere weer vergelyk ons onsself met ander en wens dat ons méér kon hê. Ja, ons is almal maar soms ontevrede met ons lewe terwyl ons met ’n groot witbrood onder die arm staan.

Die geskiedenis het bewys dat God altyd vir sy kinders sorg en dat Hy op presies die regte tyd gee wat nodig is. Die probleem met ons is dat ons heel dikwels baie meer wil hê as wat nodig is. Dan word ons ontevrede, gulsig en onvergenoeg.

  • Hierdie oordenking verskyn in Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.