Gedagte vir die dag: Verenig in gebed

Argieffoto (Foto: Zac Durant/Unsplash)

“Mag die God van vrede julle volkome aan Hom toewy. Ja, mag God julle so bewaar dat julle na gees, siel en liggaam volkome vlekkeloos sal wees wanneer ons Here Jesus Christus terugkom.” (1 Tessalonisense 5:23)

Skrifgedeelte
1 Tessalonisense 5:23 (NLV)

Oordenking
God is op soek na toegewyde en opregte mense om in sy diens te staan en te bid. Dit is die tipe mense wat God vir leiers wil hê, en dit is die mense wat sy bidders word.

Wanneer iemand bid, word sy hele wese met God verenig. Siel, gees en liggaam word een in alle dinge wat betrekking het op die lewe en op heiligheid.

Gebed

Here, ek wil deel wees van die mense wat tot U bid. Maak my heilig vir U diens. Amen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.