Gedig: Gebed vir 20 Maart 2023

(Foto: Brendon Staniforth)

Prof. Hans du Plessis het dié gedig geskryf met die oog op landsgebeure en die EFF se pogings om die land op 20 Maart 2023 tot stilstand te dwing. – Red

Hans du Plessis

Stuur, Heer, stuur ons U vrede,
laat kom U hart en suiwer rede
vandag in dié sonverligte land.
Mag ons die reënboog sy kleure gun
en laat in ons veelheid van tong en sin
vandag die vlam van u eenheid brand!
Seën ons, Heer, seën hierdie suidersand!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.