Gedagte vir die dag: Geen God soos ons God nie

 sonopkoms-karoo-francois-bezuidenhout-stiltetyd.jpg

Foto: Francois Bezuidenhout

Wie is ’n God soos U? U vergewe sonde. U bly nie vir altyd kwaad nie, maar is liefdevol en getrou. (Miga 7:18)

Ons as mense is onderworpe aan die kwesbaarheid van menslike gedrag. Gevolglik laat ons so maklik ons menslike gevoelens en reaksies die botoon voer wanneer ons benadeel word. Ons kan ons egter daarin verbly dat ons God ’n liefdevolle God is wat omgee en vergewe en nie soos ons mense misstappe teen ons hou nie. Hy het ons lief met ’n suiwer en ewige liefde. Die straf wat ons toekom oor ons sonde, is deur Jesus gedra. Ons is nou vry van God se toorn. Ons dien ’n onvergelykbare God en ons sal op geen manier kan vergoed vir sy liefde nie – ons kan dit slegs uitdra aan ander.

Heilige Meester, laat u helder lig vir ewig in my skyn om u liefde te kan weerspieël. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here Jesus dankie dat U met U kosbare lewe versoening bewerkstellig het…hoe kan ek ooit die waarde van die daad verstaan..help my om so te leef dat U lig deur my skyn..Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.