Gedagte vir die dag: Gehoorsaamheid bring liefde

hart_strand_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

As julle my opdragte gehoorsaam, sal julle aan my liefde verbonde bly, net soos Ek ook die opdragte van my Vader gehoorsaam het en aan sy liefde verbonde gebly het. (Johannes 15:10)

Die liefde van Jesus is so ’n vertroosting, maar word dikwels so misverstaan. Vir te veel mense maak dit nie saak wat jy doen nie, want Jesus is mos lief vir jou. In ons teksvers vandag sê Jesus: “As julle my opdragte gehoorsaam, sal julle aan my liefde verbonde bly, net soos Ek ook die opdragte van my Vader gehoorsaam het en aan sy liefde verbonde gebly het.”

As Jesus aan God ongehoorsaam is, sal Hy steeds die Geliefde van God wees? Dis ’n ondenkbare gedagte, ek weet, maar dink in elk geval daaroor. Jesus self gebruik sy eie verhouding met God as riglyn vir sy vermaning aan die dissipels. Die antwoord is: As Jesus aan die Vader ongehoorsaam is, is Hy nie meer die Jesus van God nie; is Hy nie meer die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem nie. As Hy aan God ongehoorsaam is, is Hy self nie meer God nie, is Hy nie meer die Heilige van God nie. As Jesus aan die Vader ongehoorsaam is, is Hy nie meer die Geliefde van God in wie God ’n welbehae het nie. Dit is die stelling wat Jesus maak. Vanuit hierdie stelling vermaan Jesus: “Doen wat Ek sê soos Ek doen wat die Vader sê, sodat julle in my liefde kan bly soos Ek in die Vader se liefde bly.” Is Jesus se liefde dan voorwaardelik? Ja, dit is. Buig voor Hom en vind vreugde (Ps 2:12), maar verwerp Hom en word veroordeel. Besluit vandag wie jy wil aanbid (Jos 24:15).

Vader, ek verstaan al meer hoekom mense Jesus nie wil verstaan nie …

Bron: Wees oor niks besorg nie deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

FM ·

Baie dankie Riekert.
Dis geweldige insig waaroor ek nog nooit nagedink het nie.
Om te erken dat God soewerein is.

andre ·

Ek stem saam, hierdie boodskap vanoggend sny diep, goeie stof tot nadenke vandag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.