Geloftedag 2021: Hier is jou naaste Geloftefees

Geloftediens-2017

‘n Geloftediens in 2017 by die Voortrekkermonument. (Argieffoto.)

Duisende Afrikaners sal weer vanjaar Geloftedag op 16 Desember herdenk, en dit is vanjaar die 183ste keer sedert die Gelofte vir die eerste keer op dié dag in 1838 afgelê is.

Dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK, sê Geloftedag is Afrikaners se eerste en waarskynlik belangrikste historiese dag.

“Geloftedag is lank voor Stigtingsdag op 31 Mei of selfs Krugerdag herdenk. Dit is ʼn dag en tradisie wat oor bykans twee eeue gevorm is. Iets wat so ʼn wesenlike impak op Afrikaners se ontwikkeling gehad het, word nie maklik van die tafel afgevee nie.”

Langner voeg by dat die Nederlandse teoloog Herman Bavinck gesê het Afrikaners se geskiedenis is vir hulle ʼn lewenskragtige werklikheid in veral krisistye.

“Ons leer toekomslesse daaruit, maar vind ook bevestiging van ons identiteit, plek en inspirasie uit verhale van ons verlede.

“Geloftedag is selfs dieper; dit bevestig ons geloofsanker en afhanklikheid van die Here. Dit is in hierdie konteks waarin die steeds groeiende nuwe Geloftekomitees en ondersteuning van Geloftedag verstaan moet word,” sê Langner.

En dat die belangstelling net groei soos die behoefte om deel van ʼn Geloftefees of -diens te wees, is duidelik uit die Geloftefeeskalender wat vanjaar ʼn rekordgetal van 182 feeste bevat.

Volgens Johann Dannhauser, redakteur van die Ditsem Blits-nuusspan, is dit die 10de agtereenvolgende jaar wat hulle ʼn uitgebreide Geloftefeeskalender uitreik.

“Elke jaar is daar net meer feeste en dienste gelys, maar vanjaar het die kalender uit sy nate gebars met die meeste feeste wat tot nou ingesluit is.”

Dié kalender bevat Geloftefeeste oor al nege provinsies en in die buiteland. Dit word verskaf met vergunning van Ditsem Nuus. Volg Ditsem Blits op Facebook of Twitter.

Geloftedag in 2019 by die Voortrekkermonument in Pretoria. (Foto: Johan van Vuuren)

Voetnota: Geloftediens by APK in Alberton

Afrikaanse Protestantse Kerk, Oos-Rand by die kerkterrein in Bloekomlaan 24, Generaal Albertspark, Alberton. Begin op 09:30 op 16 Desember. Ds. André van den Berg lewer die Geloftediens en -rede met die tema “Wonderlike herinnering of heilige verpligting?”. Navrae en besprekings kan aan Chris Janse van Vuuren by 082 901 0508 gerig word.

Geloftediens by Tafelberg-gemeente in Kaapstad

Diens om 09:00 by Tafelberg-gemeente (Dolerend) in Buitekantstraat 39, Kaapstad. Almal is welkom. Vir navrae kontak Awie van Zyl by 084 077 8018

Geloftefees by Paarl

(Grafika: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Harley Davidson ·

Die MC clubs gaan ook bywoon ,ek hoop ons kom in ons duisende bymekaar om die gelofte te eerbiedig.

Yvette ·

As die agterklein dogter van die bouer (Mnr Cornelius Pretorius) van die Voortrekker Monument, kry ek hoendervleis om aan Geloftedag te dink. Groot belofte wat gemaak is van ons voorvaders wat hul lewens en die van hul gesinne opgeoffer het vir ‘n afrikaner toekoms

Alida ·

Ek het ‘n vraag oor Geloftedag. Het die gelofte betrekking op alle Afrikaners, of slegs op die nasate van diegene wat die gelofte afgelê het, en moontlik die nasate van almal wat aan die Groot Trek deelgeneem het? Wat van Afrikaners wat in die Kaap gebly het en nie getrek het nie?

Pieter ·

Dis net op toepassing van die ouens wat die gelofte afgelê het. En as hulle nagesag dit nie nakom nie dan gaan hulle in die ewige vuur brand.

WILLEM ·

Geloftedag word nie meer gehou soos die gelofte vereis nie. Op die Kerkalmanak staan daar deesdae net “Versoeningsdag” Die gelofte bevat dat ons, die nageslag elke jaar die dag en datum soos ‘n dankdag en Sabat sal deur bring. En dat ons dit ook aan ons kinders sal vertel!

Pieter ·

Ag nou toe. Die dae om aan ander voor te skryf is lankal verby

Marietjie ·

Gelofte wees is so Godelik. Ons voorvaders
het goed gedoen.

Skuilnaam ·

Geen wonder die Afrikaners krepeer van ellende nie – hulle lewe in die verlede!

Martin ·

So brei bietjie uit op jou skrywe dat ons ook probeer verstaan. Wat n patetiese stelling om te maak.

Jaco ·

Mooi woorde van die FAK, maar veels te laat om nou so besorg te wees. In die apartheidsjare was die FAK die openbare vleuel van die geheime Afrikaner Broederbond. Die Broederbond was weer die “think tank” agter die regerende Nasionale Party, so regeringsbeleid en al die hervormings en onderhandelinge en uiteindelike oorgawe kom eintlik van die Broederbond af. Die FAK het maar lekker dié hervorming en uiteindelike oorgawe aangehelp deur konserwatiewe Afrikaners wat die gevaarligte gesien het, gedurig as verkramp en rassisties uitgekryt het. Die rassisme van die regerende ANC teenoor wit mense is seker maar reg. Dis mos die demokrasie wat die Nasionale Party, die Broederbond en die FAK wou gehad het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.