Gedagte vir die dag: Geloof

boer-diversityreporter_com1.jpg

Foto: diversityreporter.com

Bly maar net glo! (Markus 5:36)

Ons moet glo in alles wat God vir ons wil doen. Ons moet elke dag ooreenkomstig ons spesifieke behoeftes glo. God is oneindig groot en magtig; Christus het soveel genade vir elke nuwe dag dat ons geloof opnuut volgens ons daaglikse behoeftes na Hom moet uitreik.

Voordat jy begin bid, moet jy jou afvra: “Glo ek regtig dat God hier by my is en dat die Here Jesus my sal help bid, en dat ek ’n geseënde tyd in God se teenwoordigheid gaan deurbring?”

Bron:  Die Goddelike Geheim deur Andrew Murray
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.