Gedagte vir die dag: Geloofskrisis: Preek of vergaan

sonsopkoms_lewe-voluit_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Maak jou gereed en gaan na die groot stad Nineve. Dra die oordeelsboodskap wat Ek jou gegee het aan hulle oor. (Jona 3:2)

Jona het God se roeping om te preek met huiwering uitgevoer. Hy het vyf Hebreeuse woorde gepreek. Toe het hy gewag om te sien hoe God Nineve vernietig soos Hy belowe het om te doen, maar hy was bang God gee die vyand nog ’n kans. ’n Geloofskrisis vereis toegewydheid tot die taak, nie toewyding wat gebaseer is op vrees vir die gevolge nie, maar op ’n verbintenis tot God en sy werk.

Liefdevolle en genadige God, ek is in die versoeking om werk te doen wat my eie gevoelens weerspieël. Wys vir my opnuut u werk wat ek moet doen waarin ek al my hoogmoed en vooroordeel moet laat staan om dié wat U die nodigste het te help. U liefde vir ander, selfs vir my vyande, is nie iets wat ek haat nie. Dit is iets wat ek ook saam met U wil beleef. Amen.

Bron:
Beleef God elke dag, eenminuut-oordenkings deur Henry Blackaby & Claude V King
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ella ·

@ Maroela: wie is die twee skrywers? As hulle nie van SA is waar is ons eie mense skrywers se dagstukke? Susan Coetzer het net n paar keer verskyn en Angus Buchan n hele maand. Baie dankie daarvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.